Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wees bly oor Afrikaans se diverse uitsprake
Gerhard van Huyssteen

Verlede week vra Ronel in ’n Facebookgroep hoe ’n mens die “tele-” van “teleskoop”, “televisie” en “telefoon” uitspreek. Twee kwessies is hier ter vrage: Hoe die eerste klink en waar die klemtoon in die woord geplaas moet word. Ek gebruik “telefoon” as voorbeeld.

In ’n blitspeiling op Facebook en Twitter blyk dit dat my noordwestelike uitspraak redelik algemeen is. Amper 75% van die mense dink hulle spreek daardie eerste uit as [ae], maar 70% sê hulle plaas die klem op die eerste sillabe en nie op die laaste een nie. Dus, die meeste respondente dink hulle spreek die woord uit as [tAE-lî-foon].

Hoekom sê ek “hulle dink” so? Prof. Daan Wissing, een van my leermeesters en doyen van die Afrikaanse fonologie, het my geleer daar is dikwels ’n reuseverskil tussen wat mense dink hulle sê en wat hulle regtig sê. Maar dié keer klop die Facebookers en Twitterati se instink 100% met sy voorspelling van wat die uitspraak sal wees.

Prof. Daan verduidelik dat ’n paar faktore ’n rol speel: Wanneer ’n in ’n onbeklemtoonde lettergreep staan en gevolg word deur nog ’n onbeklemtoonde lettergreep, word dit gewoonlik uitgespreek as [ê] of [ae], maar nie as [ee] nie. Daarom word “serebraal” ook [sê-rî-brAAl] en nie *[see-rî-brAAl] nie; teenoor “serum”, wat as [sEE-rîm] uitgespreek word, aangesien die klem op die eerste sillabe val.

Maar hoe nou, Gehasi, hierbo sê 70% van die mense dat die klemtoon in “telefoon” op die eerste sillabe is?

Maar hoe nou, Gehasi, hierbo sê 70% van die mense dat die klemtoon in “telefoon” op die eerste sillabe is? Dit is ’n nuwe klemtoonverskuiwing wat die afgelope 50 jaar of so plaasgevind het, waarskynlik onder die invloed van Engels. Oorspronklik het die klemtoon in “telefoon” op “foon” geval, soos menige ouer bron nog beweer. Voorspelling: Dit sal eerder [tê-lî-] as [tee-lî-] wees.) Die wat voor ’n staan, klink in die meeste monde anders as voor ander konsonante. “Bel”, “bek”, “ver” en “veg” klink dus anders as byvoorbeeld “fes” of “vet”. Voorspelling: Dit sal meer geredelik [tae-lî-] as [tê-lî-] wees.)

As gevolg van vokaalreduksie kan dit ook gebeur dat die selfs as [î] uitgespreek word, soos in [tî-lî-foon]. Maar omdat daardie eerste sillabe oorspronklik ook ’n bietjie klem gekry het (en deesdae baie), sal dit nie algemeen voorkom nie. Voorspelling: Eerder [tae-lî-] as [tî-lî-].) Die demografie van sprekers speel natuurlik ook altyd ’n uiters belangrike rol. Prof. Daan voorspel dat ’n ouer inwoner van byvoorbeeld Genadendal self ’n amperse [j] sou kon invoeg, soos [tjae-lî-foon]. Daarteenoor sal ’n jonglied uit Potchefstroom die byna as [a] uitspreek, soos [ta-lî-foon].

[tAÊ-lî-foon] is dus voorspelbaar én word algemeen gebruik.

Oor die res: Verbly jou in al die ander moontlike uitsprake wat oor die wydte en sydte van Afrikaans kan voorkom.

Van Huyssteen is ’n taalkundige aan die Noordwes-Universiteit.

Meer oor:  Gerhard Van Huyssteen  |  Taal  |  Afrikaans  |  Uitspraak  |  Woorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.