Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wees jouself, eer Hom

Mense het altyd sekere verwagtings van mekaar. Partykeer is dit hoog. Ander kere is dit laag. Dikwels is dit onrealisties. Die heel beste roete is om minstens realistiese verwagtings van jouself te hê. Dan is jy gemaklik in jou eie lyf – iets wat baie mense nie te goed regkry nie.

Die Here het jou uniek gemaak. Nadat jy geskep is, het Hy die gietvorm gebreek. Jy is die enigste jy op aarde. Jy weet wat is jou sterk punte, swak punte en talente. Jy weet waarmee jy goed is, en waarmee nie. Al het sommiges verkeerde verwagtings van jou – jy deel nie hul mening nie.

Jy weet waarvoor die Here jou in die wêreld geplaas het. En jy leef dit uit. Jy probeer nie leef ooreenkomstig almal se verwagtings nie. Jou lewe is nie ’n poging om iemand te wees wat jy nie is nie. Jy leef om God te eer. Nee, dit is nie vroom praatjies nie – dit is regtig wat jy doen; vandag weer! – Stephan Joubert

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.