Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wees versigtig wat jy op die baadjie takseer

Hoeveel potensiële lokettreffers het al in die snippermandjie beland? Of dalk ongepubliseerde boeke wat die Booker-prys kon ingepalm het.

Heinz Mödler
Heinz Mödler

Nie omdat die gekose publiseerders nie daarvan gehou het nie, maar doodeenvoudig omdat hulle die manuskripte nie eens gelees het nie. Indien die outeur onbekend is, word die neus klaar opgetrek.

Nie net het skrywers hierdie probleem nie, maar ook visuele kunstenaars. ’n Lelike skildery raak skielik mooi wanneer die evalueerder besef dis deur Pablo Picasso.

Die kronkelende swart lyn op ’n groot blou doek bly ’n swart lyn op ’n blou doek indien jy dit gemaak het. Maar as Joan Miró dit gedoen het, is dit miljoene werd.

Casablanca is ’n epiese film wat beskou word as een van die beste van alle tye.

Die verhaal is aanvanklik deur Murray Bennet en Joan Alison vir die verhoog geskryf en is Everybody Comes to Rick’s genoem. Eers nadat die teks deur Howard Koch vir film verwerk is, is die titel na Casablanca verander.

Die regisseur van die fliek, Michael Curtiz, het van Casablanca ’n immergroen treffer gemaak en sedert die uitreiking daarvan in 1942 kan die wêreld nog nie genoeg van die fliek kry nie.

Die akteurs wat die hoofrolle vertolk het, Humphrey Bogart en Ingrid Bergman, het oornag permanente kultusstatus verwerf.

In 1982 het die skrywer en joernalis Chuck Ross die oorspronklike teks aan 217 filmagentskappe gestuur om te hoor of hulle dalk daarin sal belangstel om dit te gebruik.

Hy het die outeur se naam na Erik Dooley verander, en behalwe vir die titel wat hy terug na Everybody Comes to Rick’s verander het, en ’n paar naamsveranderinge van karakters, is die teks heeltemal onveranderd gelaat.

Slegs 33 van die agentskappe het die teks herken. Die res het dit in die snippermandjie gegooi of die teks as onbruikbaar en amateuragtig teruggestuur.

Slegs 33 van die agentskappe het die teks herken. Die res het dit in die snippermandjie gegooi of die teks as onbruikbaar en amateuragtig teruggestuur. Kommentaar soos “ ’n swak storielyn”, “die karakters is nie eg nie” en “die storie het nie genoeg vleis aan die been om ’n behoorlike film te maak nie”, was die oorwegende reaksie.

Daar was selfs agentskappe wat aan die skrywer aanbeveel het om die boek Screenplay deur die aktrise Sally Field te lees voor daar weer gepoog word om iets op papier te sit.

Ironies genoeg gebruik Field Casablanca juis in Screenplay as voorbeeld gebruik van hoe ’n teks behoort te wees.

Ná Ross se “eksperiment” was daar baie rooi gesigte wat Hollywood-water getrap het.

Renee Cho was een van die watertrappers wat die teks summier in die onderste laai gegooi het.

Toe Ross sy eksperiment ontbloot en Cho einde ten laaste die eier op haar gesig sien, het haar ego vir nóg ’n eiergesig gesorg.

Haar antwoord was dat sy wel die teks herken het, maar omdat die oorspronklike Casablanca só perfek is, het sy die teks liefs afgewys.

Met hierdie woorde het sy saam met ander gouemedalje-watertrappers, meestal politici, die podium skaamteloos betree en het die duur les om nooit ’n mens – of ’n teks – op sy baadjie te takseer nie, haar verbygegaan.

  • Dr. Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.