Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Welkom by SA se nood-sentrum

Good day. Thank you for calling South Africa’s national emergency call-centre. To continue in English, press 1. Om in Afrikaans voort te gaan, druk 2. Baie dankie. Wees verseker van ons flink optrede. Together we are one.

Indien u ’n moord wil aanmeld, druk die hutsknoppie op u foon en volg die instruksies. Is die persoon met ’n vuurwapen, mes, byl, hamer of kruisboog vermoor? Druk 1. Is die persoon verwurg, verdrink of met ’n klip of stomp voorwerp doodgeslaan? Druk 2. Is die vermoorde se liggaam opgesaag, met petrol besprinkel en aan die brand gesteek of in ’n motor se bagasiebak of die veld gelos? Druk 3. Is daar niks van die vermoorde gesteel nie? Druk 4. Was ’n lid van die polisie of die weermag by die moord betrokke? Druk 5.

Let asseblief daarop moorde op plase of kleinhoewes kan nie afsonderlik aangemeld word nie. Elke moord is vir ons ewe belangrik.

Indien u ’n motorkaping wil aanmeld, druk die hutsknoppie twee keer. Het die kapers iemand doodgeskiet of gewond en daarna met die motor gevlug? Druk 1. Het die kapers iemand doodgeskiet of gewond en daarna sonder die motor gevlug? Druk 2. Gee u voor u motor is gekaap sodat u die versekeringsgeld kan vat? Druk 3.

Let asseblief daarop: Indien niemand tydens die kaping dood of gewond is nie, sal u moontlik ’n lang ruk moet wag voor die polisie opdaag. In die lig van die huidige tekort aan mannekrag en toerusting in die polisie word gewone kapings, diefstal, inbrake, aanrandings en ander misdade waar die polisie dadelik die toneel moet besoek, tans as minder belangrik beskou. Sou die polisie dus nie by die toneel opdaag nie en u benodig ’n saaknommer vir versekeringsdoeleindes, kontak u naaste polisiekantoor.

Let asseblief daarop moorde op plase of kleinhoewes kan nie afsonderlik aangemeld word nie. Elke moord is vir ons ewe belangrik.

Indien u ’n verkragting wil aanmeld, hou asseblief in gedagte: Slagoffers van verkragting moet kort ná die voorval ’n intieme mediese ondersoek ondergaan, in staat wees om aggressiewe kruisondervraging te deurstaan en bereid wees om hulle aanvallers by die hof in die gesig te staar. Sien u daarvoor kans? Druk dan die hutsknoppie drie keer.

Is u jonger as een jaar en deur net een persoon verkrag? Druk 1. Is u jonger as een jaar en deur meer as een persoon verkrag? Druk 2. Is u ouer as een jaar en jonger as negentig en deur een of meer persone verkrag? Druk 3. Is u voor, tydens of ná die verkragting vermoor? Druk 4.

Indien u ’n klag van korrupsie teen ’n persoon of persone of instansie wil indien, druk die hutsknoppie vier keer. Is meer as ’n miljard rand by die saak betrokke? Druk 1. Is enige lede van die regering, staats- of munisipale amptenare of lede van die polisie of weermag by die korrupsie betrokke? Druk 2. Voer die persoon of persone wat by die beweerde korrupsie betrokke is, aan die geld kom hulle toe weens hul ondervindinge tydens die land se apartheidsverlede? Druk 3.

Good day. Thank you for calling South Africa’s national emergency call centre. To continue in English, press 1. Om in Afrikaans voort te gaan . . .

Meer oor:  Menings  |  Dana Snyman  |  Van Alle Kante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.