Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wette van die paviljoen nou in die politiek
Prof. Hennie van Coller

Elke land het sy eie kwessies. Staatskaping, rooftogte, verkragting en plaasmoorde figureer nie in België nie. In Suid-Afrika weer oorheers koalisieregering, konfederalisme en genadedood nie die nuus nie.

Daar is wel ooreenkomste. In albei lande drink studente hopeloos te veel en slaag te min. En in albei lande is politici met ’n voorkeur vir pe-perduur horlosies en blink motors, en wat eerstens aan hulle eie gewin dink.

Maar kom dit by sport, verstom die ooreen-komste jou. Die nasionale sport(soorte) laat min mense in albei lande koud; al kyk jy nie eens daarna nie. Want in die media word ’n mens gebombardeer met nuus oor spelers: hul inkomste, verhoudings, beserings en verskui-wings.

Seker die grootste ooreenkoms sien jy onder die ondersteuners. ’n Rasegte een is onwrikbaar in sy lojaliteit. Al speel sy span vrot vir ’n paar seisoene, al krimp die bywoning en bibber hy later byna alleen op die paviljoen uitgedos in ’n trui van die Chee-tahs, Orlando Pirates of Club Brugge. Aan sý span bly hy getrou.

’n Ondersteuner beskik oor baie goeie eienskappe: lojaliteit, onbaatsugtigheid en blinde optimisme.

’n Ondersteuner beskik oor baie goeie eienskappe: lojaliteit, onbaatsugtigheid en blinde optimisme. Want sy span sal weer beter speel. Dit glo hy vas en soek bevestiging vir sy geloof, Saterdag ná Saterdag. Die slegste eienskap van ’n ondersteuner is sy hartstog, sy fel afkeer van die skeidsregter en ondersteuners van die teenparty én sy woede en magteloosheid as dinge bly verkeerd loop.

In De Standaard skryf die adjunk-hoofredak-teur van Der Spiegel, Dirk Kurbjuweit, onlangs oor die ooreenkomste tussen sport en politiek. Juis woede is die opvallende ooreenkoms. In die politiek, dié van die gewone mens wat in die steek gelaat voel deur tradisionele politici en diskoerse in die media.

Wanneer migrante sy land binnestroom, is dit sý werk wat in die gedrang kom; sý godsdiens wat bedreig word; sý lewensruimte wat krimp.

Aan diskoerse oor aardverwarming, gay-regte, wapenbeheer en veldtogte om koalas te red, het hy min erg.

Aan diskoerse oor aardverwarming, gay-regte, wapenbeheer en veldtogte om koalas te red, het hy min erg. Op sosiale netwerke uiter hy sy frustrasie en vind gelykgesindes.

Kurbjuweit sien die grootste ooreenkoms tussen sport en politiek in die gedrag van die ondersteuner. Die wette van die arena het hul intrede in die politiek gemaak, sê hy. Vir sportondersteuners wat rykes verpes, maak dit geen snars saak dat Lionel Messi, Christiano Ronaldo, Owen Farrell of Faf de Klerk miljoene rande verdien nie. Solank hulle net sorg dat sy span wen.

Daarom het Donald Trump of Boris Johnson vrypas by hul ondersteuners. Hulle kan lieg, bedrieg, mag misbruik of onsmaaklik optree. Solank hulle sy gevoelens verwoord en realiseer.

Die blinde ondersteuner is nie deel van die demokrasie nie, maar van die fascisme, sê hy. Mag lê in dié wat emosies wek; populiste soos Hitler. Dis ook ’n les vir ons.

* Van Coller is ’n letterkundige en skrywer van Bloemfontein, navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit (NWU).

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Sport  |  Politiek  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.