Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wie gaan ons arme eensame krokodyril red?

Is hy nou Nommer Een of is hy nie Nommer Een nie?

Dis die laaste tyd die groot vraag wat ons almal teen die mure uitdryf, en vir niemand meer as Oom Johnny nie. Hy is sommer heeltyd droefgeestig en gemoedsbewolk.

Blouwillem

“Ons nuwe Nommer Een begin vir my ál meer so onbetroubaar lyk soos ’n vyfrandnoot en ek wonder by myselwers of hy nie, met daai spul wat sy toutjies vir hom trek, reeds teruggesak het tot op Nommer Vier of Vyf nie,” kla hy.

“MAM regeer mos die land!”

En wie, wil ons weet, is MAM? “Malema, Ace en Maerbuza,” verduidelik hy.

Dik Daan stem volmondig saam.

“Ja, manne, daar’s nie meer ’n vreesaanjaende Groot Krokodil in ons ou landjie nie, maar toe ek hierdie week lees van die krokodil wat daar naby Komatipoort uit die maalgat gered is, kon ek nie help om die ooreenkomste en rooi ligte te sien nie,” sê hy.

“Die arme krokodyril is vasgekeer in die maalkolk en raak ál meer geïsoleerd en maerder soos die dae en die weke verbyvlieg. Vir my is die groot vraag: Wie gaan ons arme, eensame krokodyril daar uit die gat van moedeloosheid en hulpeloosheid red?”

Ek blaai hierdie week uit pure verveeldheid deur die geklassifiseerde beriggies in die Ingelse koerant en toe val my oog op ’n klein advertensie van “Overeaters Anonymous”, oftewel “Oorvreters Anoniem”.

My wêreld, wat nog?! Ek wonder toe of ’n ou wat net “seconds” gaan skep, kwalifiseer vir ’n ooreter, of sou jy drie of vier keer skelm kospotte toe moet sluip om te kwalifiseer as ’n reeks­eter?

Ai, en daar’s mos net een ding lekkerder as daai eerste bord boerekos, en dis die tweede een!

Jy’s dan klaar met die verpligte groen goetertjies en kan dan ernstig konsentreer op die vleis, rys en aartappels. Hoe het wyle ou Worsman altyd gesê: “Jis, Oom, hierdie proe soos nog!”

Agge nee, mense, by al die ander goed moet ons nou nog oor kos ook skuldig voel!

My verbeelding het ook op hol gegaan oor wat nog alles in so ’n anonieme eters-advertensie behoort te staan. “Kom vroeg, vriende, en bring iets besonder lekker saam om te eet (ons ruil kos en resepte uit). Ons is by hoofstuk sewe van ons handboek, Leave it Fatty!, en onthou asseblief om die dubbeldeure aan die agterkant van die saal te gebruik.”

Agge nee, mense, by al die ander goed moet ons nou nog oor kos ook skuldig voel!

Sal ek ooit vergeet hoe my oupa Willie daar in 1963 in Kakamas op Kersdag in daai bloedige hitte roerend en vol emosie sy spesiale Hollandse tafelgebed vir ’n Hoër Hand en 22 honger siele gebid het met die tafels wat staan en kreun onder die gewig van vyf soorte vleis en ses poedings.

Dié een waarin hy roerend in Hooghollands vra vir beskerming teen die Satan van “overdaad”. Helaas, puur verniet, want als, maar als het geproe soos nóg! Tree asseblief vir ons in, Oupa!

Meer oor:  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.