Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wie is almal die Eerste Mense?

Die posisie van die Khoi-San in Suid-Afrika kry nie dikwels publisiteit nie. Dat Max du Preez dit in sy rubriek vandeesweek gedoen het, moet verwelkom word. Hy vestig die aandag op die probleem van die Eerste Mense oor die wêreld heen – inheemse minderhede wie se belange verwaarloos en vergeet word.

Die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (Unpo) met sy hoofkantoor in Brussel is ’n internasionale organisasie wat aandag vra vir die Eerste Mense se posisie wêreldwyd.

Leopold Scholtz

Dis ’n organisasie waarmee AfriForum en die VF Plus namens Afrikaners noue bande in stand hou.

Wat beteken dat ’n mens die kwessie van die Eerste Mense eintlik wyer moet bekyk en op alle etniese minderhede van toepassing moet maak.

By die verwaarloosde Eerste Mense dink ’n mens byvoorbeeld aan die inboorlinge in die Amerikas, die Australiese oerinwoners (Aborigines), die Maori’s in Nieu-Seeland, die pigmeë in Sentraal-Afrika, die Lappe in Finland en Swede en die Ainoe in Japan. Maar daar is heelparty ander minderhede wie se belange ook verwaarloos word: Die Koerde (verspreid oor die grensgebiede tussen Turkye, Sirië, Irak en Iran), die Christelike Kopte in Egipte, die Rohingia in Mianmar, die Molukkers in Indonesië, noem maar op.

Ofskoon hulle nie voldoen aan die streng definisie van Eerste Mense nie, word daar wel deeglik teen hulle as etniese en/of religieuse minderhede gediskrimineer. Ook die Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes wat hulself nie as Afrikaners beskou nie, begin toenemend ontpop as ’n minderheid teen wie daar gediskrimineer word.

Die Afrikaners is ’n spesiale geval. Dit is immers die volk wat dekades lank die kitaar geslaan en in die praktyk teen die swart meerderheid gediskrimineer het. Selfs vandag nog is die momentum wat die bevoordeling van apartheid meegebring het, nog te sien.

Op papier geniet die Afrikaners dieselfde regte as ander Suid-Afrikaners. In die praktyk begin dinge egter anders lyk.

Oor die algemeen het die Afrikaners ’n betreklik sagte landing ná 1994 ondervind, al is die groep se vindingrykheid en hardwerkendheid ook medeverantwoordelik daarvoor.

Op papier geniet die Afrikaners dieselfde regte as ander Suid-Afrikaners. In die praktyk begin dinge egter anders lyk. Die een terrein waar diskriminasie teen wit mense en ander nie-swart mense toeneem, is dié van regstellende aksie – of altans, die rigiede kwotastelsel wat in die praktyk toepas word. Nie-wit mense, ook dié wat minder gekwalifiseer is en minder beroepservaring het, word dikwels by aanstelling en bevordering voorgetrek.

Belangriker nog is waarskynlik die wyse waarop Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes se kulturele regte toenemend misken word. Hulle het in die praktyk geen reg om in hul moedertaal, soos in die Grondwet vervat, met staatsorgane te kommunikeer nie. Die ruimte vir Afrikaanse onderwysinstellings word stelselmatig minder.

Twee verskynsels vererger dit.

Die een is dat die howe bitter min simpatie vir Afrikaanssprekendes se taalregte toon, soos verskeie uitsprake die laaste tyd illustreer. Die ander is dat juis Afrikaanssprekendes – ’n mens dink aan verskeie universiteitsrektore, professore en joernaliste – die aanslag op hul moedertaal lei.

Alles dui daarop dat Afrikaans se grondwetlike regte in die praktyk binne afsienbare tyd tot baie na aan nul gereduseer sal wees. Wat beteken dat mense hul heil in die privatisering van Afrikaanse onderwys sal moet soek.

Solidariteit staan op die voorpunt hiervan met die ontwikkeling van sy eie private Afrikaanse universiteit, Akademia. Maar meer is nodig vir ons taal se oorlewing.

  • Scholtz is ’n onafhanklike kommentator.
Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Max Du Preez  |  Khoi-San
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.