Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Windplaas kies voëls, maar Eskom saai gif

Met die lieflike reën wat oor die Vrystaat, die Noord- en die noordelike dele van die Oos-Kaap uitgesak het ná ’n verskriklike hittegolf, bly daardie kommer in jou agterkop vassteek: Hoe lank nog?

Charles Smith

Hoe lank nog sal boere kan vasbyt op hul plase met die droogtes wat feller word, water wat al hoe skaarser en vuiler word, aanvalle wat voortduur en die regering wat voortgaan met onteiening sonder vergoeding?

Toe Dingaan my bel met die blye nuus kon ek die reën sien uitsak oor die roesbruin, droë veld, die kaal rante en oor die koeie en hul kalwers in die leë spruit.

En duskant die ou skooltjie staan die lammers wat vetgemaak word by die bakke met die reëndruppels wat klou aan hul wol. Pragtige vet lammers en speenkalwers gereed vir die mark en alles is nie veel werd nie. Boere verloor nou honderde rande per lam en duisende per kalf. Begrotings is 30% onder, koste styg en siektes en jakkalse en diewe slaan daagliks toe.

Dit is wel die groot besluite wat ons nie neem nie wat ons nou hard slaan. Terwyl die ANC steel en knoei en die land steier, verskroei ons ook baie vinnig. As hulle al die geld wat hulle by Eskom en die SAL gemors het, gebruik het vir sonkrag- en windkragplase, was ons nou beter gerat om klimaatsverandering te oorwin. En ons moet miljoene inheemse bome per jaar plant. Net die afgelope naweek is verskeie daaglikse hitterekords in ons streek oorskry. Moenie soos Donald Trump dink nie, die wêreld word warmer.

?.?.?. los die aaklige kunsmatige Kersboom en plant ’n regte inheemse boom, soos ’n olienhout?.?.?.

Eersdaags sal jy in groot streke in die weste van die land nie meer met vee kan boer nie. Die staat sal boere moet betaal om hul vee te verkoop en met son en wind te boer. Verkoop die krag terug aan die staat. Dit is vooruitgang. Droogtes sal pynloos word.

As jy ’n verskil wil maak dié Kersfees, los die aaklige kunsmatige Kersboom en plant ’n regte inheemse boom, soos ’n olienhout of vaderlandswilger. Plant ook ’n spekboom en wen ’n minuut of meer vir die aarde en jou mense. Gee aan elkeen ’n spekboompie en versprei die goeie tyding.

’n Nuwe wet in die Filippyne bepaal studente moet tien bome plant voordat hulle kan gradueer. Hoekom het ons nie so ’n wet nie? Elke kind kan ’n boom aanneem. Só kan ons ons kinders leer om meer om te gee vir die omgewing en hul toekoms.

Nie alles in die land is wel maklik nie. ’n Maatskappy wat ’n windplaas in ons omgewing oorweeg, het die projek voorlopig gestop toe ’n broeipaar sekretarisvoëls op hul nes daar gekry is. Ek steun windkrag, maar ook dié stap. Voëls is heilig.

  • Dis net ironies dat een sekretarisvoëlkuiken ’n groen projek van R2 miljard kan stop, terwyl Eskom miljarde van ons geld misbruik om alle lewe in die land met gifgasse te bedreig.
Meer oor:  Droogte  |  Beurtkrag  |  Boere  |  Hittegolf  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.