Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Woodlands-huis van Ace bekyk
Gert Coetzee

Die 69ste eksemplaar van Gangster State – Unravelling Ace Maga-shule’s Web of Capture wat Bargain Books in Bloemfontein verkoop het, behoort aan my. Ek het dit Maandag gekoop skaars 24 uur nadat die boek uitgereik is. Vir die stad moet dié boekverkope ’n rekord wees.

Die openbare belang(stelling) spreek vanself, gegewe Magashule se vroeëre premierstatus, al is die bedryf van die Vrystaat as ’n rampokkerstaat nie ’n verrassing nie. Die gehawende stand van die provinsie is ’n weerspieëling.

Pieter-Louis Myburgh trek in die boek die drade van beweringe oor jare heen oor Mr Ten Percent puik vas en bou die skandalige verhaal van die misdadige netwerk van kontrak- en tenderbedrog en geldwassery gedokumenteerd uit. Die boek slaag joernalistieke en regsetiese vereistes en maak van Magashule se hol dreigement van regstappe ’n grap, nes hy Volksblad al wou intimideer.

In die Britse The Guardian (31.03.2019) skryf Roy Greenslade “al krimp nuuskantore, floreer ondersoekende joernalistiek”. Gegewe die ontvouende sage oor politieke skurkery en die rol van joernaliste in die ontbloting daarvan is Suid-Afrika ’n gevallestudie. Die wyse waarop joernalistiek hier oor platforms en handelsmerke heen geskied, dien as ’n model en ondersoekende joernaliste wat ook onthullende boeke skryf, speel ’n ankerrol. Myburgh en andere van onder meer Scorpio (Daily Maverick), News24 en amaBhungane (Mail & Guardian) lei.

Deur fyn speurwerk wys Myburg uit dat Magashule nooit 'n verbandlening vir die eiendom gehad het nie.

In dagbladjoernalistiek se mallemeule lewer plaaslike media ’n sporadiese dog noodsaaklike bydrae. Dit trek drade los wat ondersoekende supremos ontrafel, uitbou en vasknoop.

’n Geval hou verband met Magashule se bande met die familie Docrat van Vereeniging. Oor vrae oor tenders en staatskontrakte aan Sedtrade, hul konstruksiemaatskappy, het Volksblad al berig – met ontkenning daarby. In sy voorwoord sê Myburgh dié verbintenis kom nie in die boek aan die bod nie.Op Daily Maverick het hy wel verlede Vrydag onder die opskrif “House of Cards: The curious case of Ace Magashule’s upmarket pad” daaroor geskryf. 

Die Volksblad-berig het Magashule laat skrik; dit het aandag op die eiendom gevestig.

Volksblad se berig “Vrae oor Ace se huis in Woodlands” (05.06.2015) deur Marietjie Gericke oor die verbreking van nasionale regulasies met die bou van die huis is ’n sluitstuk in sy Daily Maverick-stuk. Volgens Myburgh is dit belangrik dat Magashule toe aan Volksblad gesê het hy is die eienaar van die huis (al is dit in die naam van sy Bloemfonteinse “vrou”, Mosidi Lydia Motsemme, geregistreer) en dat hy die huis finansier “deur ’n verband van die bank”. (Ek onthou goed dat ons in die ontmoeting in sy kantoor nie oor ’n verband gevra het nie, maar dat die oudpremier dit self geopper het.)

Lang storie kort: Deur fyn speurwerk wys Myburg uit dat Magashule nooit 'n verbandlening vir die eiendom gehad het nie en dat op daardie tydstip geen verband in Motsemme se naam geregistreer was nie.

Die Volksblad-berig het Magashule laat skrik; dit het aandag op die eiendom gevestig. Hulle het besef hulle moes ’n banklening kry om te kan verduidelik hoe hulle dit finansier.”

Van Myburgh se bronne het beweer die Docrats ("die Vrystaat se Guptas". wat van 2013-'18 staatswerk van sowat R1 miljard gekry het) is by die projek betrokke, maar hulle ontken dit. Hy teken aan hoe bouplanne en dokumente tog "vingerafdrukke dra wat die Docrats en hul assosiate se betrokkenheid onderstut".

Ruimte ontbreek, maar gaan lees die artikel. Dis nou puik konstruksiewerk. Nog 'n boek gaan volg, dink ek. En hopelik eie ondersoekkommissies in die Vrystaat. Die jammerte is die Vrystaat het g'n ANC-politikus wat na die verkiesing die provinsie uit die gemors kan verhef nie.

    Meer oor:  Ace Magashule  |  Gert Coetzee  |  Verband  |  Korrupsie  |  Eiendom
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.