Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Woonerf-sakelui: Wat is uiteinde?

Die aansoeke wat by die hof inge-dien (en toegestaan) word teen Bloemfonteinse sakelui op woon-erwe in Dan Pienaar en Westdene lig ’n stedelik geografiese brandpunt uit.

Die kwessie is dat finansiële en ander konsultante, eetplekke, tandartse, trou-rokmakers, verkopers van eiers, gebot-telde water, verslankingsmiddels, klere en motors oor jare heen omgeboude woonhuise hier – en in Fichardtpark, Brandwag, Langenhovenpark en oral – betrek het. Huisbewoners is regtens beswaard, omdat hulle voel hulle het eiendom in ’n residensiële buurt gekoop.

Gert Coetzee

Om soggens 05:00 wakker te word op die doef-doef-musiek van die hop-skip-’n-jump-gimnasium in die buurhuis, was nie deel van die ooreenkoms nie.

Dit maak inbreuk op privaatheid, be-lemmer verkeer en bring verlies aan veiligheid mee, voer hulle aan in hul aansoeke aan die hof dat dié bedrywe gesluit moet word. En die hof staan die aansoeke toe – dit is sy werk om te verse-ker die wet word nagekom. Die wet wat in dié geval verbreek word deurdat ondernemings bedryf word op erwe wat nie daarvoor gesoneer is nie. Woonerwe kan net vir sakedoeleindes benut word mét toestemming, ook van die bure, en dan nie meer as 50 vierkante meter daar-van of met meer as twee werknemers nie. Ook moet die huis steeds bewoon word.

Luidens hofstukke ontduik die woonerf-eienaars ook die hoër erfbelas-ting en dienstegeld wat op geldige sake-persele gehef word. Die laaste tyd is 18 sulke aansoeke ingedien. Nog volg. Een ondernemer moes al die woonerf ont-ruim. Die wetlike realiteite staan vas.

As ’n leser van Volksblad-berigte hieroor en as ’n inwoner wat in Genl. Hertzogstraat, Louw Wepenerstraat en Brebnerweg ook ry, wonder ek oor die uiteinde. Ondernemers ontruim erwe, soos die hof gelas, en die omgeboude struktuur bly leeg staan.

Wat word daarvan, en bring dit risiko? Waarheen skuif die ondernemers wat onwettig sake hier gedoen het? Die middestad is onveilig. En Bloemfontein se sentrale sakekern is lankal gesplits en oor die stad versprei.

Die beste kyk na die dilemma is dalk om elke party se betrokkenheid in oënskou te neem.

Naas die hofaansoekers, is daar drie ander partye: die eienaar van die woonerf; die huurder van die erf wat hier sake doen, en die munisipaliteit.

Die hof is nie ’n party nie.

Die verhuurder dra aanspreeklikheid om te sorg dat sake nie op ’n woonerf bedryf word nie, en om aansoek vir hersonering te doen. Hulle moet oop kaarte daaroor speel met die huurder (ondernemer), wat die huis teen koste in ’n onderneming laat omskakel het. Belasting en diensgeld teen sake-tariewe moenie ontduik word nie.

Vir die huurder is dit raadsaam om seker te maak die woonerf is wel vir sakedoeleindes gesoneer. Anders kan dit later skade meebring.

Dan is daar die munisipaliteit wat oor jare sy werk moes gedoen en munisipale regulasies moes toegepas het. ’n Brief-skrywer in Volksblad sê die metro het net een amptenaar hiervoor en kan nie die vloedgolf stuit nie.

Nou bestaan ’n skeefgetrekte situasie sonder oënskynlike oplossings. Die metro werk glo aan ’n struktuurplan dat grondgebruikvoorwaardes in Dan Pienaar in sekere strate en huise van “residensieel” na “beperkte besigheid” gewysig word. Te min, te laat – selfs al sou huisbewoners instem? Dit sou ook ’n verreikende presedent kon meebring. Want wat dan van studentehuise?

Ds. Jan Lubbe (van die NG kerk Berg-en-Dal in die hart van dié buurte) het op die brieweblad vir ’n versoenende benadering gepleit. Sover sien ek net ’n verloor-verloor-situasie. Veral as op die Mangaung-metro-munisipaliteit vir oplossings gewag sou word.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Dan Pienaar  |  Westdene  |  Sakelui
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.