Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Woorde pers die krag uit vroue se lywe
Tanya
Tanya van Wyk

‘You run like a girl.”

Die Amerikaanse handelsmerk Always­, wat menstruasieprodukte vir vroue vervaardig, het ’n paar jaar gelede ’n veldtog oor hierdie slagspreuk van stapel gestuur.

Die doel van die veldtog was om vroue se selfvertroue te versterk, veral dié van jonger vroue gedurende puberteit. Always se veldtog het bestaan uit ’n aantal YouTube-video’s waarin verskillende mense gevra is om uit te beeld wat dit beteken “to run or to throw like a girl”.

Vroue in hul vroeë 20’s is eerste aan die beurt. Wanneer hulle moet illustreer hoe dit sou lyk, beeld hulle iemand uit wat halfhartig hardloop, met pap arms gooi, giggel en bekommerd is oor hul voorkoms.

’n Jong tienerseun en jonger man illustreer dieselfde karikatuuragtige gebare.

Dan verander die tonele en meisies van sowat tien jaar word dieselfde vrae gevra. Hul reaksie? Hulle hardloop met al hul energie teen topspoed, hulle trek hul arms ver terug en gooi die denkbeeldige bal met krag en afstand.

Mense word nie gebore met die idee dat om iets “soos ’n meisie” te doen ’n belediging is nie. Nee. Hierdie perspektief word aangeleer en versterk.

Dan vra die regisseur aan ’n agtjarige meisie: “What does it mean to you if I say, run like a girl”? Haar antwoord: “It means run as fast as you can.”

Die kernboodskap van die Always-veldtog is om te ondersoek hoe en wanneer dit ’n belediging word om iets “like a girl” te doen. In een van die onderhoude word die tienerseun gevra of hy met sy uitbeelding sy suster beledig het. Hy antwoord eers dat hy haar wel beledig het en dan besef hy wat hy sopas gesê het en verander­ effens van spoor: “Nee, ek het nie my suster beledig nie . . . maar ja, ander meisies wel.”

My medebroers in die kerk wat geweld teen vroue in die algemeen en die gebrek aan vroue-verteenwoordiging in die kerklike leierskorps weg-rasionaliseer, openbaar dieselfde teenstrydige gedrag as daardie tienerseun. En net soos hy, minimaliseer hulle die skade wat hul optrede veroorsaak.

Mense word nie gebore met die idee dat om iets “soos ’n meisie” te doen ’n belediging is nie. Nee. Hierdie perspektief word aangeleer en versterk.

Dit is selfs onlangs op die sportblaaie van hierdie koerant geïllustreer. Die berig handel oor ’n Suid-Afrikaner wat gekontrakteer is om in die VSA voetbal te speel. Die berig se openingswoorde is ’n aanhaling waarin Amerikaanse voetbal vergelyk word met “rugby vir vroue”. Aangesien die Suid-Afrikaner volgens die joernalis stewig in sy skoene staan, kan die voetbalspeler getuig dat voetbal nie rugby vir vroue is nie.

Taal reflekteer ’n verwysingsraamwerk. Taal hou daardie werklikheid in stand. En hierdie taal dra daartoe by dat ’n knie op vroue se nek, bors en bene gedruk word, en dat hulle ook snakkend na asem probeer uitroep: “I can’t breathe­.”

Ons kultuur en godsdiens bly dit reg- of wegpraat. Wanneer gaan dit einde kry?

  • Dr. Van Wyk is senior lektor in sistematiese teologie aan die Universiteit van Pretoria.
Meer oor:  Vroue  |  Diskriminasie  |  Seksisme  |  Geweld Teen Vroue  |  Woorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.