Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
‘Woordelys & spelreëls’ vier eeu van Afrikaans
Prof. Gerhard van Huyssteen

Die afgelope week het die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die derde keer hierdie jaar ruggespraak gevoer.

Normaliter is dié voorreg ons slegs twee keer per jaar beskore, maar volgende jaar moet ’n nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) verskyn. Dis skouer aan die wiel as ons met onverdrote vlyt ploeg en saai. Ons brand die kers aan drie kante.

Het jy geweet?

  • Die huidige TK bestaan uit vier vroue en vyf mans. Hulle is: prof. Herman Beyer; prof. Frank Hendricks (ondervoorsitter); me. Sophia Kapp; dr. Frikkie Lombard; dr. Phillip Louw; me. Jana Luther; prof. Marné Pienaar; me. Suléne Pilon (sekretaris); en die uwe, wat voorsitter is.
  • Vier TK-lede kom uit Gauteng, vier uit die Wes-Kaap en een uit Namibië.
  • Vyf van die TK-lede is voltydse akademici, vier is taalpraktisyns.
  • Die TK word saamgestel op grond van kundigheid wat benodig word vir die uitvoering van sy opdrag.
  • Die gemiddelde ouderdom van die huidige TK is 49, met die jongste lid 35 jaar oud en die oudste lid 63. In 2009 was die gemiddelde ouderdom van die TK 56.
  • Die kortsdienende lid in die huidige TK dien vier jaar in die kommissie, terwyl Frikkie Lombard al 21 jaar lid is (onder meer vir ’n lang tydperk as sekretaris). Daar moet nog baie fut in Frikkie wees, want D.F. Malherbe en T.H. le Roux het onderskeidelik 52 en 51 jaar in die TK gedien.
  • Bekende TK-lede oor die jare heen is onder andere C.J. Langenhoven, Totius, Jan F.E. Cilliers, Gustav Preller, L.W. Hiemstra, Johan Combrink en Anton Prinsloo, om maar net ’n paar te noem.
  • Die totstandkoming van die Taalkommissie kan direk toegeskryf word aan ’n gloeiende toespraak wat Langenhoven in 1914 oor Afrikaans gelewer het.
  • Die eerste AWS het in 1917 die lig gesien. Volgende jaar se elfde uitgawe van die AWS sal dus ’n eeufeesuitgawe wees. Dit impliseer dat die AWS waarskynlik Afrikaans se oudste, lewende erfenis is.
  • Tussen die verskyning van die vorige AWS in 2009 en die volgende ene in 2017 sal die TK vir meer as 700 uur saam in een lokaal vergader het. Dit sluit die ure en ure se monnikewerk uit wat tussen sittings gedoen word.
  • TK-lede ontvang geen vergoeding of tantieme nie. Hulle doen dit vir die liefde en plesier van die saak.
  • Die AWS is volledig omgeskakel na XML-formaat met die hulp van die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) aan die Noordwes-Universiteit, Pharos (die uitgewer van die AWS) en TshwaneDje.
  • Die TK gebruik ’n virtuele forum om tussen sittings taalsake te bespreek en besluite te neem. Daarbenewens het die TK ’n groot versameling van digitale tekste (ongeveer 57 miljoen woorde) wat geraadpleeg word om te help om besluite te neem.

Dié korpus kan ook aanlyn deur navorsers geraadpleeg word via die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se Korpusportaal.

  • Die TK het ook ’n aktiewe en gewilde Facebookblad waar gebruikers se taalvrae beantwoord word. Jy kan meer lees oor die TK en AWS op Wikipedia.
Meer oor:  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.