Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Wyk dood, dis nie sommer net vir vat nie!
Prof. Hennie van Coller

'n Herinnering uit my Graad 1-klas, was die opvoering van ’n sangspeletjie, “Hoe sag gly ons bootjie …” Ek was “Kommer”, wat saam met “Sorge” aan land gelaat is op hierdie boottog na Kammaland, die oord van sorgvryheid.

Veel later besef ek dat dié liedjie eintlik gaan oor die verbeelding, dit wat die wêreld draaglik maak: Denke en drome het vleuels wat jou moeiteloos tydelik wegneem van die ondermaanse.

Een van die treffendste uitstallings waar ek nog ooit was, is dié van Panamarenko, die kunstenaarsnaam van Henri van Herwegen (1940-2019), ’n Belgiese beeldhouer met interna-sionale bekendheid en talle eenmanuitstallings in van die wêreld se grootste stede. Wat ’n viering van sy 80ste verjaardag moes word, is nou omskep in ’n huldigingsgeleentheid, want Panamarenko is aan die einde van 2019 oorlede. Lankal broos, maar steeds onverwags.

Die kunstenaarsnaam is ’n samevoeging van dele van “Pan American Airlines Company”, nie verniet ’n lugvaart­maatskappy nie. Want Panamarenko was sy hele lewe geobsedeer met vlieg. Pa was ’n ingenieur; oupa ’n argitek. Ontwerp is by wyse van spreke vasgelê in sy gene.

’n Man wat hom nie laat onderkry het deur die werklikheid, siekte en selfs die dood nie. Want sy werke sal bly vlieg.

Panamarenko is die ontwerper en bouer van veral ruimtelike konstruksies en selfvliegvaartuie: ’n rugsak met suiers; spuitmotore wat jy kan dra; brose vlerke aan ’n raam wat jou sal wegvoer; ’n duikboot om mee in die diepsee te verdwyn; ’n ruimtetuig of ballon waarmee jy kan vlieg. In die verbeelding, bygesê. Pragtig is sy ontwerpe beslis, maar sou jy hulle op die proef stel, sou jy stuit teen die harde werklikheid.

Wat my bybly, anders as by baie ander kunsuitstallings, is nie primêr die estetiese gehalte van die werk nie. Veel eerder die speelsheid en ongebreidelde verbeelding wat spreek uit byna elke werk. ’n Man wat hom nie laat onderkry het deur die werklikheid, siekte en selfs die dood nie. Want sy werke sal bly vlieg.

Iemand wat ook lyk asof tyd geen vat aan hom kon kry nie is die Nederlandse musikant, skry-wer en skilder, Herman van Veen. Sy Suid-Afrikaanse toer ’n dekade of wat gelede was ’n triomf en het gehore betower; selfs hulle wat nie altyd alles kon begryp nie. Vir die afgelope tyd toer hy deur België en Nederland om sy 75ste verjaardag op 14 Maart te vier. Dis net goeie mense wat in Maart verjaar, glo ek. Nukkerige, passievolle en warm mense wat soos egte ramme altyd eenkant toe neuk.

Resensente verbaas hulle oor die suiwerheid van sy stem; die vlugvoetigheid van dié bejaarde. Self sê hy: “Ek is van plan om daardie hele doodgaan so lank as wat moontlik is uit te stel.” En dit doen hy deur speelsheid en verbeeldingvolle kreatiwiteit.

Soos die ou oom vir die dood gesê het: “Sie jy, voetsek. Dis nie sommer vir vat nie!”

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Dood  |  Kunsuitstalling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.