Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Zim-president se uitreiking na minderhede
Willie Spies

Steve Hofmeyr was drie jaar gelede in die sop oor ’n stelling dat swart mense die argitekte van apartheid was.

Die stelling is deur swart mense as erg kwetsend en erg beledigend beleef. Dit was nie soseer wat gesê is wat seergemaak het nie, maar wat geïnsinueer is.

So het die landdroshof in Randburg ook later beslis in die geding waar ’n interdik teen teistering – wat aanvanklik ten gunste van ­Steve toegestaan is – met koste tersyde gestel is.

Die oproer oor die gewraakte Twitter-plasing het tot gevolg gehad dat die inhoud van die omstrede stelling nooit werklik gedebatteer is nie.

Apartheid was die politieke stelsel wat wettige diskriminasie teen swart mense moontlik gemaak het. Die uitgesproke intellektuele oogmerk was om die diversiteit van Suid-Afrika met sy groot getal tale, kulture, gelowe en toekomsverwagtinge ruimtelik te orden en oorlewing van die wit minderheid in ’n potensieel vyandige omgewing moontlik te maak.

Die praktyk was egter ’n omgewing waarin gewone, goeie mense dikwels erg verneder en met geweld gearresteer is as hulle nie ’n pasboek gedra het nie, weggewys is as hulle met hul gesin by ontspanningsplekke opgedaag het en soms deur amptenare in openbare instellings met minagting behandel is.

Ook in Suid-Afrika is tekens van hierdie argitektuur sigbaar – hoewel meer gekunsteld en verfyn.

Die wetgewing van die land het onderskei tussen wit en swart regte, en grondeienaarskap in stedelike gebiede is byvoorbeeld van swart mense weerhou. Die boodskap wat destyds gekrenk het was juis die insinuasie dat apartheid eintlik die verdiende loon was van swart mense wat daardeur benadeel is, om watter rede ook al.

Die boodskap van destyds is onverdedigbaar.

Maar die vraag is wel of daar nie voorbeelde is nie waar swart mense wel hedendaags die argitekte is van stelsels met goedbedoelde intellektuele oogmerke, wat ongelykheid moet hanteer en herverdeling van welvaart moontlik maak. Dit is in ’n ekonomiese omgewing wat selfs vyandig staan jeens die behoeftes van armes, maar in die praktyk gewone goeie mense verneder het, gewelddadige arrestasies en marteling moontlik gemaak het en waar mense deur amptenare en polisiebeamptes in openbare instellings met min­agting behandel is bloot omdat hulle nie swart is nie – en spesifiek nie swart met ’n Afrika-oorsprong nie.

Om alles te kroon, kan die mening geld dat mense aan die ontvangkant van hierdie klinkklare onreg nie behoort te kla nie omdat dit hul verdiende loon is weens die onregte van die verlede wat nou reggestel moet word.

Daar is inderdaad sulke voorbeelde. Die huidige Zimbabwiese grondwet – wat twee weke gelede se staatsgreep oorleef het – is ’n voor-die-hand-liggende voorbeeld van ’n politieke stelsel wat niks anders as hedendaagse diskriminasie-argitektuur is nie. Die grondwet gee erkenning en legitimeer die proses van konfiskering van plase in wit besit. Dit ontneem wit voormalige grondbesitters van die reg om vergoeding te eis vir die waarde van hul gekonfiskeerde grond.

Hoewel Zimbabwe se grondwet gelykheid as basiese mensereg erken en diskriminasie op grond van ras ook as basiese mensereg verbied, verhoed art. 72 daarvan wit mense om hulle op daardie mensereg te beroep indien hul plaas gekonfiskeer is of indien hulle in hegtenis geneem is omdat hulle op hul gekonfiskeerde plaas aangebly het. En die regverdiging hiervoor is: Dit is hul verdiende loon weens die noodsaak van herverdeling en gelykmaking.

Ook in Suid-Afrika is tekens van hierdie argitektuur sigbaar – hoewel meer gekunsteld en verfyn.

Die nuwe president van Zimbabwe het al geluide van uitreiking na alle minderhede gemaak. As hy ernstig is daaroor, sal hy die diskriminasie-argitektuur in sy grondwet tot niet moet maak.

  • Spies is ’n prokureur vir AfriForum.
Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Rassisme  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.