Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Zondo-span sal tussen feite, fiksie onderskei

Vir die eerste keer in ons geskiedenis vind ’n omvattende ondersoek plaas na wie die staat beheer. Ons maak dalk net geskiedenis, wat jou mening daaroor ook al is.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping het vandeesweek met sy ondersoek begin ná talle politieke pogings om ’n stokkie daarvoor te steek.

Adv. Thuli Madonsela, vorige openbare beskermer, het in Februarie 2016 aanbeveel dat oudpres. Jacob Zuma so ’n kommissie aanstel. Dít ná bewerings dat die Gupta-familie kernregeringsbesluite bepaal, insluitend hoe openbare geld bestee word. Zuma het probeer om ’n stokkie te steek voor Madonsela se aanbeveling dat hy geen aandeel in die aanwysing van die voorsitter mag hê nie. Die tydraamwerk van die staatskapingstorie lees soos ’n Hollywood-lokettreffer.

Die hooggeregshof het Zuma in Desember 2017 beveel om die kommissie tot stand te bring en hoofregter Mogoeng Mogoeng toe te laat om die voorsitter aan te wys. Destyds was Zuma se mag aan die taan in die dae voor die ANC se verkiesingskonferensie.

Zuma wou hom na die konstitusionele hof wend, maar die hooggeregshof se reaksie was min of meer dat betekenisvolle werk net gelewer sal kan word as die voorsitter nié deur Zuma aangewys word nie.

Baie het gebeur sedert Madonsela aanbeveel het dat ’n kommissie van ondersoek noodsaaklik is om die omvang van korrupsie te verstaan.

Hy het ná politieke druk van binne en buite die ANC, opposisiepartye en die burgerlike samelewing geswig en die kommissie van ondersoek op 9 Januarie aangewys. Hy is destyds gedruk om as president te bedank nadat Cyril Ramaphosa die ANC-presidentskap einde 2017 verower het.

Baie het gebeur sedert Madonsela aanbeveel het dat ’n kommissie van ondersoek noodsaaklik is om die omvang van korrupsie te verstaan wat deur politieke mag moontlik gemaak is. Daar was byvoorbeeld ’n verskuiwing in die magsdinamiek binne die ANC met die verkiesing van ’n
nuwe president van die party en van die land. Voorts het die gelekte Gupta-e-posboodskappe besonderhede van die mees komplekse netwerk van onbehoorlike gedrag in die onlangse geskiedenis blootgelê.

Suid-Afrikaners was woedend oor staatskaping. Ek reken dieselfde verontwaardiging bestaan vandag nog, maar daar is minder eenheid onder Suid-Afrikaners as toe hulle vir die eerste keer van staatskaping gehoor het. Rasverdeeldheid heers oor die kwessie van onteiening sonder vergoeding en ’n mate van maatskaplike en politieke herskikking het sedert Madonsela se aanbeveling in ons gemeenskap plaasgevind.

Daar is diegene in die ANC wat die volskaalse anti-korrupsiemaatreëls van Ramaphosa en sy bondgenote, soos Pravin Gordhan, wil uitdaag

Daar is diegene in die ANC wat die volskaalse anti-korrupsiemaatreëls van Ramaphosa en sy bondgenote, soos Pravin Gordhan, wil uitdaag. ’n Politieke projek teen die anti-korrupsieveldtog is glo van stapel gestuur. City Press het Sondag berig Gupta-bondgenote skop vas teen pogings om hulle uit kernondernemings te verwyder. Hulle beweer hulle word polities vervolg.

Hulle sal gewis die bestaan van staatskaping ontken en hul weergawe van die storie vertel. Die kommissie gaan in ’n fees van bewerings en teenbewerings deur strydende belangegroepe ontaard. Aan die een kant is daar die goeie
ouens, wat beweer hulle was getuies van die Guptas se korrupsie, en aan die ander kant is daar die groep wat probeer bewys die Guptas het nie staatskaping gepleeg nie.

Regter Raymond Zondo en sy span het die verantwoordelikheid om die nasie te help om tussen feite en fiksie te onderskei. Vir die eerste keer in ons geskiedenis vind ’n omvattende ondersoek plaas na wie die staat beheer. Dit is ’n vraagstuk wat nog altyd op ’n abstrakte manier gepak is, maar nooit in die praktyk nie. Ons maak dalk net geskiedenis, wat jou mening daaroor ook al is. When Zuma Goes en Ramaphosa’s Turn.

Meer oor:  Ralph Mathekga  |  Aktueel  |  Staatskaping  |  Politiek  |  Zondo-Span  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.