Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nkandlagate: Zuma se einde nader
Pres. Jacob Zuma (Foto: Conrad Bornman)

Is pres. Jacob Zuma se dae getel? Drie kommentators skryf vandag oor die president se naderende einde:

"Ná twee groot jakkalsdraaie het Zuma alle gesag en respek verloor. Met sy afdanking van Nhlanhla Nene het hy beheer van die land se geldsake verloor. Pravin Gordhan dra nou die beursie. En Zuma se vyande in die ANC - en daar is baie - sirkel nou om hom.

Dit lyk al hoe waarskynliker dat hy nie sy termyn sal uitdien nie."- 

Gallie van Rensburg

"Soos wat die Watergate-skandaal oudpres. Richard Nixon van Amerika se politiek loopbaan in 1974 beëindig het, lyk dit al hoe meer of die Nkandla-skandaal pres. Jacob Zuma se einde vinnig nader bring. Vertroue in Zuma is op 'n laagtepunt en mens hoor al hoe meer opvolgpraatjies in die ANC." - Adriaan Basson

"Die polisieminister is die taak opgelê om stories te vertel – eerder as om sy taak as politieke hoof van ’n belangrike staatsdepartement na te kom. Zuma het ernstige skade berokken aan die OB, die parlement en die staat en dit kom nie sonder 'n prys nie. Hierdie kan sy einde beteken en onherroeplike skade aan die ANC." - Pieter du Toit

Meer oor:  Adriaan Basson  |  Pieter Du Toit  |  Jacob Zuma  |  Nkandla  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.