Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Zuma word LP?! Gee my dagga asseblief!

‘Onthou om Pa se dagga-olie te betaal . . .”

Dié inskrywing op ’n gesin se WhatsApp-groep onlangs was nogal snaaks.

Veral as ’n mens in ag neem dat dit ’n maand vóór die wettiging van dagga vir gebruik in jou eie huis was.

Die wettiging van dagga was vir my die koelste nuus in Mzansi in ’n baie lang tyd. Net jammer dit is 50 jaar te laat.

Dink as ons die PW-jare en die rowwe 80’s kon deurgaan met lagtwak. Dit sou alles net soveel makliker gemaak het. As PW en Magnus op die televisiestelle verskyn met die aankondiging van ’n noodtoestand, kon jy die volk hoor: “Gie-gie-gie . . !”

Soos die inskrywing deur die anonieme persoon op Facebook lui: “Dagga dripels (stet) help vir kanker. Die gemors wat gerook word beskadig bruin selle (stet). Gaan lees mooi.”

Inderdaad, ja.

Die een verskaffer van lagtwak in Bloemfontein het glo afslag vir al ons Cheetah-ondersteuners. Hy waarborg dat dit die pyn wegneem van ’n groot loesing elke Saterdag. Dit maak nie die loesing klei-ner nie, maar die uitslag draagliker. Maar ek vermoed die Cheetahs- en die Vrystaatspanne het die naweek halftyd self van dié speserye ingekry. Beide spanne was teen daggatyd (ekskuus, lemoentyd!) voor, maar hou daarna op ’n eienaardige wyse op speel.

Is dit wel sneeu oop Tafelberg, of is die berg net in ’n walm rook gehul noudat dagga wettig hier gerook kan word?

Ons lewe darem in ’n vreemde, wonderlike land. Dit is asof die konstitusionele hof se regters geweet het ons gaan iets kort om die weer hierdie week te verstaan, en verklaar hulle dagga wettig net voor dit op Tafelberg sneeu en terselfdertyd in die noorde raak-raak aan 40° C. ’n Kouefront en hittegolf tref ons gelyk. Dit is amper soos ’n mens oor die DA voel elke dag. Koud en warm.

Maar ’n skeptiese Vaalpens vra nou hierdie geldige vraag: Is dit wel sneeu op Tafelberg, of is die berg net in ’n walm rook gehul noudat dagga wettig hier gerook kan word?

Boere kort hier in die louerige Sentraal-Mzansi ’n nuwe gewas om mee geld te maak. Met mielies breek jy skaars gelyk en sonneblom kan jy nie rook nie. Vir die eerste keer gaan die invoer van Lesotho styg en gaan die lande geil staan van die dagga. Nee, jy mag dit nie verkoop nie, het die geleerdes in die hoogste hof beveel. Maar jy kan dagga sekerlik ruil vir skape en die skape verkoop, of hoe? ’n (Dagga)boer maak mos ’n slim plan! As ou Cyril opdaag om jou plaas te wil vat, kan jy hom rustig oornooi vir ’n dampie op die stoep. ’n Vredespypie, kan jy maar sê. Julle kan lekker oor buffels en langhoringbeeste gesels. Een, twee, drie gaan ou Cyril se plaaskapingplan op in rook.

Die jimmel weet. Ná die nuus die week dat ’n faksie van die ANC in Mangaung Jacob Zuma as LP vir die parlement benoem, is die enigste ding wat seker is in die land dat jy dagga baie nodig gaan kry om kop te hou.

Meer oor:  Charles Smith  |  Mening  |  Dagga  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.