Die polisie het sowat agt miljoen bewysstukke “verloor” nadat die rekenaarstelsel wat speurders help om tred te hou met forensiese monsters wat op misdaadtonele versamel word, afgeskakel is weens ’n dispuut oor wanbetaling.
’n Senior staatsaanklaer moet besluit of ’n persoon met ’n sportnutsvoertuig soortgelyk aan dié van die RSG-omroeper Johan Rademan en wat ’n tienjarige meisie raakgery het, strafregtelik vervolg kan word.
’n Yskor-pensioentrekker van Vanderbijlpark is in ’n staatshospitaal aan septisemie dood omdat ’n mediese fonds ’n onbekostigbare luukse was sedert hy sy aftreegeld in die Krion-piramideskema verloor het.
Die Bulle-senter Cornal Hendricks is al oor baie hekkies in sy sportloopbaan. Nou wag daar nog een op hom voordat hy in Julie en Augustus moontlik saam met die Blitsbokke aan die Olimpiese Spele in Tokio kan gaan deelneem.
SA Rugby het die WP die afgelope week met oorname gedreig as hy nie sy sokkies optrek nie. Amptenare van SA Rugby, die president van die WP Rugbyvoetbalunie (WPRU) en die WP se sakevleuel het Vrydag ’n noodvergadering gehou om die probleme in die streek te bespreek.
Die Bok-kaptein Siya Kolisi het bygedra tot Bongi Mbonambi se besluit om weer ’n aanbod van die Haaie te oorweeg. Kolisi, wat reeds Durban toe getrek het, het blykbaar sy voormalige WP-spanmaat gebel en hom bearbei.
Suid-Afrika se ekonomie kan vanjaar met enigiets tussen 2,8% en 5% groei as ’n paar dinge vir ons reg verloop.
Op 30 Junie eindig ’n belastingaansporing wat vir die afgelope dekade individue aangemoedig het om in waagkapitaal-maatskappye te belê.
Die belastingaansporing vir indiensneming van jong werkers is die goedkoopste vorm van werkskepping in die land, meen kenners.
In Menseregtemaand van hierdie 26ste jaar van ons demokrasie, gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, is rassisme steeds met ons.
Hy het nooit as te nimmer gesê die DA wil in koalisie met die ANC gaan nie, sê die DA-leier, John Steenhuisen.
’n Belangrike uitspraak in die Kaapse hooggeregshof kan dit vir groot korporasies baie moeiliker maak om hul kritici te boelie, skryf François Smuts.
Met sy vermaaklike meta-misdaadroman Die duiwel maak my hart so seer doen François Bloemhof presies wat die agterplat beloof: Hy verbreek die reëls van misdaadfiksie, skryf Jonathan Amid.
Die briewe en onberispelike navorsing en tyd- en konteksgerigte feite in die pragboek ‘Sulke vriende is skaars’ verleen nuwe lewe aan die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis, skryf Paul Boekkooi.
‘Die kind se naam is Anneke’, wat volg op ‘Bloedvreemd’, Juliana Coetzer se blitsverkoper-debuut oor haar dogter se breinsiekte, raak die leser diep omdat dit so ’n spektrum van emosies ontlok en nuwe perspektief bring op persoonlike verlies, skryf Riette Rust.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Suiker en glukose, produkte van verfynde wit stysel soos rys, aartappels, pasta en brood veroorsaak inflammasie en ’n magdom spysvertering- en bloedsuikerprobleme.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Alles in sy roman oor sy pa wat “probeer het om my ma se kop met ’n metaalpyp te verbrysel, en toe weer en weer en weer probeer het om haar keel met ’n stuk gebreekte glas af te sny”, is waar, sê Pieter Paul Fourie aan Murray La Vita.
Die wêreld het weens die Covid-19-pandemie onherroeplik verander en so ook hoër onderwys, sê prof. Mamokgethi Phakeng, vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad, wat onlangs aangewys is as een van die wêreld se tien “mense van die jaar” in hoë
Was Frederik Van Zyl Slabbert die groot wit hoop in die Suid-Afrikaanse politiek? Was hy ’n politieke rockster? ’n Afrikaanse goue seun? Of was hy ’n tragiese figuur? Die historikus Albert Grundlingh het ’n biografie oor Slabbert geskryf en praat met Murray La Vita daaroor.
Veral aan die begin van die pandemie, tydens die eerste inperking, was spotprente “deel van die vesel van vertroosting” waarop mense staatgemaak het, sê die spotprentkunstenaar Carlos Amato aan Murray La Vita.
Waldimar Pelser is redakteur van Rapport en aanbieder van 'In Gesprek' op kykNET.
Blouwillem is 'n voorheen bevoordeelde, tans geseënde middeljarige man.
Murray La Vita is 'n bekroonde rubriekskrywer en profielskrywer vir Netwerk24.
Johann Maarman is eindredakteur by Die Burger en 'n bekroonde rubriekskrywer.
Nathan Trantraal is 'n strokiesprentkunstenaar en digter van Kaapstad.
Leopold Scholtz is 'n vryskutjoernalis en politieke kommentator.
Barnard Beukman is die redakteur van Beeld.
Gert Coetzee is redakteur van Volksblad.
Herman Lategan is 'n skrywer wie se rubrieke in 'Binnekring van Spookasems' gebundel is.
Sonja Loots is 'n dosent aan die Universiteit van Kaapstad en bekroonde outeur.
Sarel van der Walt is 'n joernalis vir Netwerk24 en 'n voormalige Londen-korrespondent vir Media24.
Charles Smith is Netwerk24 se nuusredakteur in Bloemfontein.
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.