Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dink weer voordat Seconds dan blaas

Brahm du Preez, Parys, skryf: Ons almal weet Rapport se rugbyskrywer Leighton Koopman is ten eerste ’n passievolle WP- en Stormers-ondersteuner en tweedens ’n bogemiddelde rugby-joernalis.

Koopman maak in sy berig oor die wedstryd tussen die Stormers en Lions van verlede Saterdag geen melding nie van die etlike omstrede beslissings van die skeidsregter, Egon Seconds, so asof dit geen invloed op die uitslag gehad het nie.

Wanneer jy gebloei het vir ’n rugbyspan soos wat Seconds vir die WP gedoen het, is dit onafwendbaar dat jy “foute” gaan maak ten gunste van jou ou span. Jy hoef nie skelm te wees nie.

In ’n taai gelykop-stryd soos Saterdag het sy beslissings ’n beslissende invloed op die uitslag gehad.

Die skuld vir dié morsige toedrag van sake moet voor die deur van diegene gelê word wat hardnekkig volhou om Seconds aan te stel in wedstryde waarin sy ou span speel. Hulle het duidelik nie geleer uit verlede jaar se halfeindronde in die Curriebeker-reeks tussen die Bulle en die WP nie. In dié wedstryd het hy vele omstrede beslissings ten gunste van die WP gemaak.

Skeidsregters mag nooit die beslissende faktor wees om te bepaal wie wen nie. Uitslae soos Saterdag s’n is die groot rede waarom ondersteuners hul passie vir die spel verloor.

On-Seconds-Thought, Barkly-Wes, skryf:Ek is nie ’n Leeu-ondersteuner nie, maar die Stormers het Saterdag se wedstryd op twyfelagtige wyse gewen en rugby het skandelik verloor.

Om teen ’n partydige blaser te speel wat self voorheen ’n WP-speler was, is totaal onbillik en belaglik.

Meer oor:  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.