Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Dit is wat Caster kampioen maak

Chris Huisamen, Vredenburg, skryf: Hoe kan ’n atleet soos Caster Semenya gepenaliseer word vir die gene waarmee sy gebore is?

Kampioene word gebore met spesiale gene en ’n spesifieke liggaamsbou om te presteer in ’n spesifieke item soos swem, hardloop, ensovoorts.

Indien daaraan gepeuter word, sal hulle nie meer kampioene wees nie en as ons nie meer kampioene het nie, gaan rekords nie gebreek word nie.

As Semenya se testosteroonvlak nou verlaag moet word, wat gaan volgende wees? Gaan sommige atlete se arms en bene gebreek moet word om hulle korter of langer te maak sodat hulle nie voordeel daaruit kan trek nie?

Voordat vroue se testosteroonvlakke onderdruk word, moet hulle ook na manlike kampioene kyk, want sommige mans het ook hoër testosteroonvlakke as ander.

Of gaan ons die manlike kampioene maar verskoon vir ’n heksejag teen vroue?

Semenya gebruik nie verbode middels nie en dit sal onregverdig wees om dit wat eie aan haar liggaam is, aan te tas.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.