Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Meer dele van Bybel is apokrief

Oom Oopgemoed skryf per e-pos: Die debat oor die kwynende lidmaatskap van sekere kerke laat my dink dat daar dalk weer gekyk moet word na ontoepaslike dele van die Bybel.

Om mee te begin is die skeppingsverhaal soos in Genesis nou sonder twyfel bewys as vals en dus niks meer as ’n mite nie. Dit geld eintlik die hele boek tot ná die sogenaamde toring van Babel. Daarna begin ’n poging tot egte geskiedskrywing – nie oral histories korrek nie, maar darem ’n poging.

’n Mens kan maar al die boeke van die Ou Testament een vir een opnuut deurkyk, en jy sal daar weinig in vind wat van waarde is vir die Christen.

Toegegee, daar is miskien hier en daar iets te leer, maar het God regtig emosies soos haat en jaloesie? Koester hy regtig wraakgedagtes, net soos mense?

Die kerkvaders wat baie eeue gelede besluit het watter geskrifte behoort in die Heilige Skrif, het nie die kennis en insig gehad wat vandag beskikbaar is nie.

Is dit dalk haas tyd dat daar weer opnuut besin word oor wat is heilig en wat is apokrief?

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.