Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Ou garde by Regstreeks goeie teken

Tom Moodie, Menlopark, skryf: Ek het verlede week die Rapport Regstreeks-geleentheid in Pretoria bygewoon. Die geleentheid was goed georganiseer, die paneellede almal kundiges op hul terrein, die bespreking en vrae lewendig, insiggewend en stimulerend.

Wat my egter opgeval het, was dat die deursnee-ouderdom van die 400-plus gaste seker 70 jaar en ouer moes wees – ’n wie’s wie van die Afrikaner-elite van die 1980’s en 1990’s. Oudregters, afge­trede senior staatsamptenare, oudskoolhoofde, emeritus-predikante en -professore, dokters en ingenieurs, selfs ’n paar bejaarde sakemanne van weleer.

Waarom hierdie verouderde profiel? Op ’n manier was die afwesigheid van die jonger generasie verblydend. Juis hierin lê die groot sukses van Rapport se lesersoggend. Die jong mense was almal by die werk. Besig om te beplan, te bou, nuwe geleenthede raak te sien om te benut. Want dis hulle – en nie pensioenarisse nie – wat betekenisvol tot die land se toekoms gaan bydra. Die jong mense vandag is gelouter om nie op te gee nie – hulle glo elke “einde” het ’n nuwe “begin”. Hulle blameer niemand vir die impasse waarin die land hom bevind nie.

Hulle kyk met ander oë as pensioenarisse na die toekoms en sien nuwe geleenthede raak. Hulle verstaan die konsep dat die lewe net agteruit verstaan kan word, maar vooruit geleef moet word. Spreekwoordelik kap hulle hul eie brandhout om daardeur twee keer warmer te word.

Die ouer garde se taak en funksie is om die nuwe generasie by te staan en aan te moedig in hul pogings om die land te herstel.

Hierin lê die groot sukses van Rapport se lesersoggende.

Meer oor:  Tom Moodie  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.