Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Sonja sien nie die patos raak

Amanda Scholtz, Paarl, skryf: Verlos ons asseblief van Sonja Loots se verfoeilike rubrieke soos die een waarin sy skryf oor Jason Rohde se ma wat ter strafversagting getuig in die saak teen haar moordenaarseun.

Sonja, wat veral vroue eerder raakgesien het, was die patos van ’n ma wat, ten spyte van alles, vir haar kind probeer instaan. Die aanval op Brenda Rohde was ongevraagd en kwetsend. Sy het allermins die onverdedigbare probeer verdedig.

Jy beskuldig haar selfs dat sy “skaamteloos gelieg het om haar bose kind se bas te probeer red”. Het jy enige bewyse?

Na my mening maak jy jou aan laster skuldig. Besin in die vervolg voor jy loskop die toetse takel.

Ek weet glad nie hoekom jy ruimte gegun word om jou oppervlakkige interpretasie van die heelal aan ons op te dis nie.

En jou persoonlike lewe? Jou ontboesemings bevestig net dat ons gespaar moet bly van jou breinvrugte.

Meer oor:  Amanda Scholtz  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.