Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Vendettas hoort nie in dié briewe

Reinhold Swart, Bellville, skryf:C.S. Thiart van Sasolburg se brief oor die “ongeskikte” Siya Kolisi laat my effe kriewelrig voel.

Daar rus ’n groot stuk verantwoordelikheid op ’n persoon se skouers wanneer hy ’n brief aan ’n koerant rig. Al voel die briefskrywer gegrief of is hy ontstoke, moet die inhoud van sy skrywe nugter en objektief bly. Skryf sonder dat ’n persoon tenagekom word. Speel die onderwerp en nie die man nie en moet nooit ’n koerant misbruik vir ’n persoonlike vendetta nie.

Waarom het Thiart maande gewag voordat hy sy misnoeë in Rapport te kenne gegee het? Was die Stormers se skok-nederlaag op Loftus die ideale geleentheid om dit te doen?

Tweedens kan Kolisi homself nie verdedig nie. Wat was die werklike omstandighede, want Thiart se weergawe dat hy ’n verskoning gefabriseer het (dat hy vir sy vrou wag) klink maar vergesog.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.