Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Zuma-faksie ‘kaap’ nou Ramaphosa

Carel van der Merwe, Onrusrivier, skryf: Ek luister vanoggend na Trevor Manuel se getuienis voor die Zondo-staatska­pingskommissie.

Sy getuienis sit die konstitusionele verantwoordelikheid van die president uiteen – wat basies daarop neerkom dat hy in belang van die land en nie vir persoonlike of partygewin moet optree nie.

’n Sentrale tema van die kommissie se werk is ’n ondersoek na die wyse waarop die voormalige president kabinetslede aangestel het, wie hom beïnvloed het om die aanstellings te doen en hoe dit vir hom voordele ingehou het.

Na my mening is so ’n ondersoek van die uiterste belang om soortgelyke gebeure in die toekoms te voorkom.

Wat my egter bekommer, is dat ons huidige president met die samestelling van sy kabinet ook nie die belang van die land en sy mense in ag neem nie. Sommige kabinetslede word behou bloot omdat hy steun binne die party sal verloor as hy die regte ding doen en van hulle ontslae raak.

Die Zuma-faksie in sy party beïnvloed dus sy verantwoordelikheid om die regte ding te doen.

Met ander woorde: Die president van ons land word alweer gekaap.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.