Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Aanslag op taal ís wraaksugtig

Charl Adams (“Ons moet anders dink oor dié sake”, 19.03) wil hê daar moet glad nie meer feeste in hoofsaaklik Afrikaans wees nie. Hy stel voor die Woordfees moet vorentoe “inklusiewer” wees, dan sal dit “byval vind”.

Raak hy en ander mense soos hy nie móég vir hul eie gekerm en holruggeryde “done me wrong song” nie?

Oprah Winfrey het mense wat so graag slagoffer speel, gemaan dat uitmuntendheid die beste verweer teen diskriminasie is.

Terloops, navorsing (ook in die VSA) het getoon daar bestaan nie iets soos wit bevoorregting nie. Die voorspeller van armoede daar is nie ras nie, maar dat ’n vrou (van enige ras) wat ’n kind kry voordat sy skool klaargemaak het; nie met die pa trou nie en dus geen ondersteuning van hom kry nie; nooit verder leer nie en dus nooit ’n goeie salaris verdien nie. Dáár begin die spiraal van armoede. Dit is ’n eie keuse, te wyte hoogstens aan kultuur – ook ’n keuse. Nie ras, wat onveranderlik is nie. En nie onderdrukking, waarna almal so graag gryp as verskoning vir gebrek aan vordering nie.

Daar ís ’n aanslag op Afrikaans en dit ís wraaksugtig. Maar soos Charl se eis oor feeste, spruit dit uit afguns en niks anders nie.

Meer oor:  My Stem  |  Woordfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.