Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Aardbol kan nie meer alles hanteer

Na aanleiding van dr. T.C Breitenbach se skrywe oor ’n nasionale gesprek oor aanwas wat nodig is, net die volgende:

Pres. Muhammadu Buhari van Nigerië het pas die aanvalle op buitelanders met pres. Cyril Ramaphosa bespreek. As ’n mens egter na die bevolking kyk in Lagos, waar ek onlangs weer was, woon daar tot 6 700 mense per vierkante kilometer in dele van die stad. Dit is tans die vinnigste groeiende stad in die wêreld wat al klaar by die 30 miljoen inwoners het. Die vooruitskatting vir die volgende 15 jaar is net onbegryplik.

Die omstandighede waarin die mense leef, dryf hulle uit Nigerië. Ek is bevrees dat dit niks goeds vir Suider-Afrika inhou nie. Die mense moet iewers heen. Vir SA wat swak grensbeheer het, en ’n onwilligheid om iets daaraan te doen, lê bitter moeilike tye voor as ons nog ons eie bevolkingsgroei byvoeg.

Aardverwarming is hoog op die wêreld se agenda terwyl gesprekke oor die wêreld se bevolkingsgroei doelbewus vermy word oor die sogenaamde sensitiwiteit daarvan. Ons aardbol sal binnekort nie meer kan nie.

Meer oor:  My Stem  |  Aardbol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.