Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Abbott se verweer het my uitgeboul

Terwyl Kyle Abbott en Rilee Rossouw se “verhuising” besig was om te breek, is reeds uitbasuin hoe kwotas ons sport sou vernietig. Dit is ’n ou speletjie sedert Makhaya Ntini se dae: Wanneer ’n swart speler misluk, is hy ’n kwotaspeler; wanneer hy presteer, bewys dit dat kwotas ’n onding is.

Abbott se verweer dat hy nie seker van sy plek in die Protea-beginspan was nie, het my uitgeboul. Hoeveel spelers in wêreldkrieket is seker van hul plek? Selfs legendes soos Sachin Tendulkar, Muttiah Muralitharan en Shane Warne is op hul dag gepos.

Dit is spelers se reg om hul brood en botter na goeddunke te verdien. Niemand misgun die bestes ekstra konfyt nie; solank jy jou huidige werkgewer met respek en openlik behandel. Abbott se tranerige verklaring, wat Brian Molefe jaloers sou maak, is eers gelewer nadat die storie uitgelek het, om nie eens van die vermiste Rossouw te praat nie.

Dit lyk asof Abbott en Rossouw hul brood so lank moontlik aan albei kante gebotter wou hou, wat beslis gevaarligte vir hul toekomstige werkgewer moet laat flikker.

Meer oor:  Krieket  |  Rilee Rossouw  |  Lesers Sê  |  Kyle Abbott  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.