Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Aborsie is klap in gode se gesig

Rion Botha, St. Francis, skryf:

Hoe verwag enige volk op aarde gunste en gawes van hul gode as hul ongeborenes by die miljoene vermoor word?

En dan word dr. Jacques de Vos vervolg as hy ’n vrou afraai om ’n ongebore baba te vermoor. Dit geld ook die teenkanting teen die aanstelling van Amy Coney Barrett, ’n vurige teenstander van aborsie, as regter in die Amerikaanse federale hooggeregshof.

Volgens statistieke was daar meer as 60 000 aborsies in SA in 2019. Ons moet ons volle steun gee aan diegene wat die reg op lewe vir ongeborenes wil beskerm en ma’s eer wat babas in die wêreld bring.

Is daar enige bankbesonderhede vir bydraes tot De Vos se regskoste?

Alida Schoultz skryf op Netwerk24:

Bravo vir dr. De Vos. Daardie ongebore babas is mense en as hulle doodgemaak word, is dit moord.

As ek dokter toe gaan met ’n kwaal gee hy my advies wat, volgens hom, die beste weg is. Dit is my keuse of ek na hom luister al dan nie. Dit is presies wat De Vos gedoen het.

Meer oor:  Alida Schoultz  |  Rion Botha  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.