Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afbreek van taal ontketen woede

Ek lees onlangs ’n artikel van Leopold Scholtz waarin hy aandui hoe my taal, Afrikaans, oral verkrag word.

Dit gebeur aan al die universiteite in die land, buiten aan die Noordwes-Universiteit. Afrikaans word selfs deur die konstitusionele hof vertrap deurdat grondwetlike beginsels blatant geïgnoreer word.

Dit stem ’n mens mismoedig en soms woedend van frustrasie dat ons toelaat dat ’n hopelose regering kan maak soos hy wil en alles wat oor jare heen opgebou is en goed werk, eenvoudig van die tafel te vee.

Die teleurstellendste vir my is dat Afrikaanse leiers, soos prof. Wim de Villiers, rektor van die US, hierdie afbrekers ter wille is en onbeskaamd voortstoom!

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.