Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrika, demokrasie nie versoenbaar

Waarom werk liberale demokrasie nie in Afrika nie?

Die Afrikastate het eerstens geen ervaring van enige bestuur gehad nie, want die koloniale heersers het die nodige bestuur self behartig.

Nou lewe ons maar op hoop terwyl die staatskuld, misdaad en armoede al is wat groei.

Toe die kolonies selfregering kry, beginnende met Ghana in 1957, het hulle feitlik deur die bank demokratiese verkiesings gehou volgens die Westerse lande se wense en voorskrifte en die leidende struggle-partye het aan die bewind gekom.

Baie van die leiers was uit die staanspoor diktators en tientalle ander het die mag gegryp.

Die frustrasie was groot toe die demokrasieë nie die beloofde voorspoed bring nie en staatsgrepe en burgeroorloë het met reëlmaat voorgekom. Korrupsie en bedrog deur die regerende partye was aan die orde van die dag en verkiesingsbedrog het op groot skaal plaasgevind. Daarom kon leiers soos Robert Mugabe van Zimbabwe vir dekades in beheer bly.

Baie lande was net in naam demokrasieë terwyl outokratiese leiers die leisels gehou het. Wanbestuur en korrupsie deur onbevoegdes sonder vaardighede het die state tot vandag feitlik in permanente bankrotskap gehou.

Toe die ANC ná 1994, gelei deur die ikoniese Nelson Mandela, die bewind oorneem, het die wêreld geglo dat ’n suksesverhaal op pad was. Ongelukkig het die hoop beskaam en die Afrikaresep is weer uitgehaal en nog ’n mislukte Afrikastaat is by die lys gevoeg.

Nou lewe ons maar op hoop terwyl die staatskuld, misdaad en armoede al is wat groei.

Meer oor:  Demokrasie  |  Mystem  |  Afrika  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.