Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrika is ook vir Afrikaners

Barnard Beukman, Beeld-redakteur, se onderhoud (14.9) met Dirk Hermann van Solidariteit is ’n positiewe bydrae tot die gesprek “Suid-Afrika – waarheen?”. Hermann se stelling dat hulle wat besluit om hier te bly, moet werk aan oplossings is in die kol. Ons mikpunt is ’n stabiele, regs­beskermde en verantwoorde toekoms vir alle inwoners.

Hermann benadruk talle noodsaaklike sake. Dit sluit in dat Afrikaners van Afrika is. Die naam van ons kultuurgroep en taal sê dit. Ons deelwees van so ’n kultuurgroep lei tot geborgenheid en behoort-aan, onderstreep ons reg om met mekaar in kultuur en leefwyse te assosieer – sonder om ander te ignoreer. Dit is ’n assosiasie wat bydra tot ’n sterk gemeenskapsomgewing vir onder meer die “groter Afrikaanse gemeenskap”. ’n Geborgenheid waaroor alle groepe in ’n nierassistiese Suid-Afrika moet kan beskik.

Die geborgenheid stimuleer en versterk ons aandeel aan die groter Suid-Afrikaanse gemeenskap.

’n Waardegedrewe geborgenheid maak ons waardige draers van ons Grondwet van 1996. ’n Geborgenheid wat moontlik deels verklaar hoekom Solidariteit se navorsing wys 85% van Afrikaners wil hier bly. Dat ’n konsentrasie van ’n “kritieke massa” van die Afrikaanse gemeenskap en Afrikaners op 30 plekke in die Republiek ’n sterk gemeenskap met al sy voordele binne die Grondwet skep, is ’n praktiese moontlikheid wat om min “social engineering” vra. Volgens Hermann erken so ’n konsentrasiestrategie die vestigingspatrone van die mense waaroor hy dit het.

Mense wat in Suid-Afrika belê, soos Solidariteit wat sonder staatshulp met ’n nuwe universiteit soos Akademia vir R1,5 miljard en met ’n nuwe kampus van R400 miljoen vir Soltech kom, is hier om te bly. Mense wat in die algemeen en in hul persoonlike sake hier belê, wil bly en nie gly nie. Hulle maak planne om voluit hier te lewe.

Afrika is nie vir sissies nie, maar – ook – vir Afrikaners.

Meer oor:  Afrika  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.