Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaans hiér uitgedien: Dis hoog tyd!

Nadat jy “Kan jy in Afrikaans swot?” (6.1) noulettend, ook tussen die lyne gelees het, wéét jy dat Afrikaans by daardie instellings uitgedien is.

Dit is hoog tyd, want terwyl ’n goeie saak uitgemaak kan word ten opsigte van moedertaalonderrig op skoolvlak, móét universiteite studente voorberei vir die beroepswêreld – en daardie wêreld is oorwegend Engels.

Hentie Boshoff en Woordeloos het in hul briewe van 5 en 6 Januarie onderskeidelik sinvolle bydraes gelewer oor die waarde van Engels in die werkplek.

’n Mens wonder wat sou van die duisende Afrikaners geword het wat in die buiteland werk en daar hervestig het as hulle nie Engels magtig was nie.

Die ou geykte redenasie oor Afrikaans se hoër funksies en rol as wetenskapstaal is uitgedien en ek deel Alida Kok se siening soos gestel in haar rubriek (4.1). Demografiese realiteite en ’n globale gemeenskap het Afrikaans as wetenskapstaal onderstebo geloop.

Die huidige 2,7 miljoen wit Afrikaanssprekendes sal oor 12 jaar 1,8 miljoen wees en teen 2050 minder as een miljoen. Hoe gaan hul ouderdomsprofiel lyk, wil ’n mens ook wonder.

As omgangstaal sal Afrikaans oorleef, danksy die ondersteuning van die bruin Afrikaanstaliges wat tans 3,2 miljoen is, al sy ander sprekers, kunstenaars, Afrikanerfeeste, radiostasies, kykNET en dies meer. “Afrikaans is Groot!”.

N.P. van Wyk Louw het in Deurskouende verband (1975) gevra: “Sou die Afrikaners nie self as volk, én as individue beter gevaar het as hulle ’n wêreldtaal aangeneem het nie?”

En nou is ons op pad soontoe!

Meer oor:  Afrikaans  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.