Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaans kan juis as voorbeeld dien

Dit is hartverblydend dat iemand van Christo van der Rheede se statuur tot die Gent-debat toegetree het (5:01). Ek stem saam dat jong stemme die deurslag kan gee.

Afrikaans is reeds ’n wetenskapstaal, daarvan getuig rakke vol woordeboeke, vakwoordeboeke en terminologielyste asook ’n menigte navorsings­materiaal in talle universiteitsbiblioteke. Hoe Afrikaans ontwikkel het tot ’n hoëfunksie-wetenskapstaal kan as voorbeeld dien vir die ander tale in Suid-Afrika.

Met ’n klein bietjie moeite kan Afrikaanssprekende studente ’n leeskennis van Nederlands en Duits opdoen, wat die sleutel kan wees vir toegang tot biblioteke van wêreldgehalte in België, Nederland en Duitsland. Eentaligheid is nie net ongrondwetlik nie (art. 29 van die Grondwet), dit verarm ook kultureel en ondermyn die multikulturele veelkleurigheid van ons samelewing. Bittermin van die dosente aan die universiteite wat nou so vinnig verengels is Engelse moedertaalsprekers. Moontlik lei dít tot wat prof. Wannie Carstens “vrot Engels” noem.

Reeds bestaande uitnemendheid en gehalte hoef nie opgeoffer te word vir massatoelating en die verlaging in standaarde nie. Moenie swig voor politieke druk nie!

Met die ondersteuning van organisasies soos die Gentse Colloquium oor Afrikaans en swaargewigte soos Christo van der Rheede kan hierdie aksies van krag tot krag gaan.

Meer oor:  Gent  |  Brief  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.