Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaans moenie karkas vir taalaasvoëls word

In Oktober 2002 het ’n skrywe van my in Die Burger (Oos-Kaap) onder die opskrif “Moenie taalverraad pleeg” verskyn. Ná byna twee dekades blyk dit steeds relevant en bydraend te mag wees tot die onverkwiklik tragiese taalstryd by die Universiteit Stellenbosch (US), waarvan die einde nie in sig blyk te wees nie. Ek haal ’n deel van my destydse skrywe hier aan:

“Die multidimensionaliteit en -funksionaliteit van ’n taal kan en mag nooit ontken word nie. Trouens, dit word weerspieël in die diversiteit van legitieme invalshoeke van waaruit deelnemers aan dié taaldebat deelneem.

“Die kernkonteks van die US, soos ook by ander hoëronderwysinstellings, behoort gedefinieer te word as ’n onderrig-leer-konteks. Die wese van die US-taaldebat behoort te sentreer om die primêr opvoedkundig-onderwyskundige taalbehoefte van studente.

“Dit is binne dié konteks waar moedertaal innig verweef is met werklikheid, waarneming, verskillende denkvorme en -uitkomstes, betekenisgewing, retensie, denkontwikkeling en, uiteindelik, potensiaalontwikkeling.

“Tale dien as sleutels wat mensepotensiaal oop-/ontsluit of nié oop-/ontsluit nie. In dié verband het Afrikaans hom reeds voldoende bewys as ’n sleuteltaal.

“Die US durf dus nie taalverraad pleeg teenoor almal vir wie die Afrikaanse taal ’n sleuteltaal was, is en sal wees in die ontwikkeling van hul potensiaal nie. Die US-taalbeleid moenie toelaat dat Afrikaans ooit tot taalkarkas vir die taalaasvoëls gemaak word ten koste van die potensiaalontwikkeling van die Afrikaanssprekende jeug nie.”

Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publisering van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal daaroor gevoer word nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Afrikaans  |  Debat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.