Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaans se dae in wetenskap getel

In 2004 het ek aan ’n tersiêre inrigting ’n voorgraadse klas van omtrent 120 studente in biologie gehad.

Van hierdie studente het sowat 70% aangedui dat hul huistaal Afrikaans is, maar gesê dat hulle bedrewe in Engels is.

Die oorblywende 30% het weinig Afrikaans verstaan. Dus het ek sowel die teoretiese as die praktikumgids só saamgestel dat wanneer byvoorbeeld die Engelse deel van die gids voor is, dan is die identiese voorblad en inligting in Afrikaans agter.

Die dubbelmediumlesings is uiteraard hoofsaaklik in Engels aangebied, want watter dosent sal nou klasgee met 30% van die klas wat nie kan volg nie of alles in die ander taal herhaal en 50% van sy lesingtyd daaraan afstaan?

In die praktikums het ek agtergekom dat hoogstens tien studente die Afrikaanse deel van die praktikumgids gebruik het.

Die ander se verduideliking was dat hulle nie meer die Afrikaans so maklik kon volg nie en dat ek die enigste dosent in die fakulteit is wat nog gidse in Afrikaans uitgee.

Bowendien is hulle al van skooldae af aan Engelse tekste gewoond.

Hierdie ingesteldheid teenoor Afrikaans het na vore gekom in die beantwoording van die vraestelle.

Hoewel minstens 50% van die studente die beantwoording in Afrikaans aangepak het, het die skok gekom met die weergee van eenvoudige woorde/begrippe: byvoorbeeld, die Afrikaanse woord “fosfaat”.

Dit het sodanige permutasies en kombinasies met die spelling van “phosphate” ondergaan dat ’n mens nie anders kon as om te wonder of dit nie dalk aanduidend was van die skrywers se mate van begrip van die onderwerp nie.

My voorspelling: Oor enkele jare sal Afrikaanssprekende natuurwetenskaplikes nie meer in staat sal wees om met mekaar oor hul werk in hul moedertaal te gesels nie.

Meer oor:  Afrikaans  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.