Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaans se kans as onderrigtaal ál skraler

As ’n emeritusprofessor van die Universiteit Stellenbosch (US), dit wil sê ’n pensioenarisprofessor, stel ek nog wel belang in die US-taalkwessie: Engels én Afrikaans, of slegs Engels.

Ek was in jonger jare ’n voorstander van meertaligheid vir die US, ten minste dubbeltaligheid.

Ek het ook iets van dié probleem beter begin verstaan toe ek by die US en die Universiteit Kaapstad se bestuurskole en later by Unisa se Thabo Mbeki-leierskapsprogram betrokke geraak het. Ek moes klasgee in Engels.

Wat het ek geleer?

  • Daar was nóóit by enige kursusganger ’n kwessie oor die feit dat ek Afrikaans en wit was nie. Hulle het my soms gehelp om die regte Engelse woord vir my Afrikaanse term te vind;
  • Die kommunikasietaal was Engels, waar die kursusganger ook al vandaan gekom het – veral dié uit Afrika;
  • Alle voorgeskrewe werk, as navorsingsmateriaal, was in Engels. Niks in Afrikaans, Nederlands of Duits nie. Ek kon niks van myself voorskryf nie, want dit is in Afrikaans; en
  • Afrikaans as wetenskaplike publikasietaal het ’n baie beperkte en krimpende toekoms.

’n Manuskrip van my in Afrikaans na aanleiding van ’n kursus oor “Vrede en oorlog” het algemene waardering gekry, maar ook ’n nee: “Te gesofistikeerd vir Afrikaanse lesers.”

Gelyke Kanse, met wie ek bepaalde simpatie het, het géén kans nie. Daar is te veel verlore kanse.

Hoe kan Afrikaans as onderrigtaal oorleef as dit as intellektuele en wetenskaplike publikasietaal min, indien enige, oorlewingskans het?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.