Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaanse digkuns nou gekersten

Charl-Pierre Naudé bepleit in sy resensie van Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (18.09) ’n omvattende, inklusiewe verstaan van die begrip “Christelik”.

Cas Vos, die samesteller, deel uiteraard dié mening. Daarom staan byvoorbeeld gedigte in die bloemlesing van die Joodse Olga Kirsch en die ongelowige M.M. Walters. Tog ontbreek Breyten Breytenbach, wie se verse deurdrenk is van Bybelse taalgebruik. Of oorskry Breytenbach se Zen-Boeddhisme die grense van dié tolerante opvatting?

Histories gesien, aanbid die Jode, Christene en Moslems dieselfde God.

Wat die Christelike godsdiens van die ander onderskei, is die figuur van Jesus Christus. As die woord “Christelik” nie meer regstreeks verband hou met Jesus Christus nie, het dit ’n inhoudlose begrip geword.

As ongelowige heg ek klaarblyklik en ironies genoeg meer waarde aan die woord “Christelik” as die teoloog Cas Vos en sy dissipel Charl-Pierre Naudé. En as dit van my ’n fundamentalis maak, beskou ek dit as ’n ereterm.

Van my gedigte staan ook in die bloemlesing omdat ek deur die uitgewer onder die indruk gebring is dat die titel Die mooiste geestelike gedigte in Afrikaans sou wees. Selfs Naudé sal moet toegee dat “geestelik” ’n wyer term as “Christelik” is.

Met Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte het die uitgewery Lux Verbi en die samesteller Cas Vos die hele Afrikaanse digkuns in een klap gekersten. Slegs Breytenbach het aan ­hierdie grootskaalse grootdoop ontsnap.

Meer oor:  My Stem  |  Daniel Hugo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.