Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaanse landskap skraler

Dit was my voorreg om saam met wyle (professor) Jaap Steyn aan ’n dokumentêre program oor Afrikaans te kon werk. Met my eerste besoek aan hom spreek ek hom as “doktor” aan. Hy versoek my om hom “Jaap” te noem en vra of hy vir my kan koffie aanbied. Geen aanstellerigheid nie. Beskeie, hoflik, maar hy sou sonder skroom sy siening oor ’n saak stel.

My versoek was dat hy die teks vir die beoogde dokumentêr moes skryf. Die titel, “Die wonder van ’n nuwe taal in Afrika”, soos voorgestel deur (nou ook reeds wyle) prof. Christo van Rensburg, is deur Jaap aanvaar en hy willig in om die teks te skryf. Toe ek groet, het hy vir my ’n kopie van sy boek Sonkyker gegee en op my versoek dit geteken.

Van Rensburg het met my ’n weddenskap aangegaan dat Jaap nie op kamera aan die dokumentêr sou deelneem nie. Te beskeie met geen erg aan openbare blootstelling nie, was sy verklaring. Tot my vreugde het ek die weddenskap gewen. Jaap het ingewillig om op kamera te verskyn. Hy was gespanne tydens die opname, maar het dit tog geniet.

Ná die opname het hy die uitnodiging aanvaar om saam met die klein opnamespan te gaan eet. Op sy versoek het ons vis en skyfies geëet, en ek onthou hoe hy syne bestel het: “Die een met die degie om.”

Vir my en my kollegas was die kennismaking met dié besondere man ’n verrykende ervaring. Sy hoflikheid en sy liefde vir Afrikaans het ten beste geblyk nadat ek vir hom ’n paar flessies ingelegde olywe gegee het. Die produsent se naam en kontakbesonderhede was op die etiket. Hy het aan die produsent ’n e-pos gestuur met komplimente oor die produk en dank omdat die etiket in Afrikaans is.

Ek het ’n teks wat hy vir my vir nog ’n dokumentêr geskryf het. Moontlik sal dit gemaak kan word. Intussen is dit ’n kosbare aandenking aan die mens Jaap Steyn. Die Afrikaanse landskap is met sy heengaan soveel kaler.

Meer oor:  Jaap Steyn  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.