Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaanses moet middelgrond soek

Barnard Beukman se Standpunt (15.05) het betrekking. Die realiteit oor “Afrikaanses” is dat die oorgrote meerderheid hulself in die eerste plek as Suid-Afrikaners sien.

Hulle is deeglik bewus daarvan dat hulle ’n minderheid in ’n minderheid is en verkies om deel te vorm van die oplossing, nie die probleem nie.

Hulle skakel in of vind aansluiting by die res van die samelewing – of dit nou in die
sakesektor, die sportsektor, die akademie, landbou, die mediawêreld of godsdiens is – ’n inklusiewe benadering.

Dan is daar ’n minderheid, hoofsaaklik wit, wat steeds
eksklusiwiteit nastreef rondom Afrikaans op terreine soos sekondêre en tersiêre onderrig; smag na ’n leier om “die volk” te lei; en selfs terugverlang na “die goeie ou dae” of as apologete daarvoor optree. Hulle skep dikwels die indruk dat hulle namens alle “Afrikaanses” praat, tot toenemende frustrasie van ander Afrikaanssprekendes wat verkies om deel van die oplossing te wees.

Die antwoord is nie ’n “ander stem” of ’n kragdadige leier onder Afrikaanses nie, maar ’n nuwe ingesteldheid, ’n uitreik na landgenote in ’n strewe na inklusiwiteit.

Ons toekoms lê in die soeke na nuwe meerderhede van gematigde Suid-Afrikaners oor taal- en kultuurgrense heen, die middelgrond.

Niemand het probleme met nie-politieke burgerlike organisasies wat hul lede probeer help nie. Daar is nog kwynende oorblyfsels van ander nie-politieke minderheidstaalgemeenskappe, uit die geledere van latere Europese immigrante, wat dit nog in mindere of meerdere mate doen – soos die Griekse, Portugese, Duitse en Joodse gemeenskappe.

Die huidige vlaag van bekgevegte het egter juis ontstaan toe ’n nie-politieke organisasie met verdelende politiekery en heulery met regsgesindes in die buiteland ons land en ook die breër saak van Afrikaanses groot skade begin berokken het, binnelands asook buitelands.

Vandaar die reaksie uit die geledere van die “Afrikaanses” wat hulself in die eerste plek as Suid-Afrikaners beskou en ’n inklusiewe toekoms nastreef.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.