Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaanses vra nié

Barnard Beukman se Brandpunt “Afrikaanses vra nou ander stem” (16.05) het betrekking.

Die meerderheid van die minderheid is ontevrede oor wat in die land gebeur.

Vir te lank is hulle tot swye gedwing met aanklagte dat hulle rassiste, witbevoorregtes, verkramptes en verregses is, en terugverlang na apartheid.

Ons vra nie ’n ander stem nie. Ons is ’n stem. Ons is die stem teen onreg, korrupsie, die selfverryking van ’n klein minderheid van die meerderheid, diefstal, moorde, swak dienslewering, uitbuiting en onderdruk-king van mense wat ’n verskil wil maak. Ons is die stem van hulle wat hul belasting, dienstegeld en lisensies betaal, en nie kry waarvoor hulle betaal nie. Ons is die stem wat sien hoe ons geld verkwis en misbruik word.

Ons president leef in weelde en skreeu teen witbevoorregtes.

Wat noem hy homself: ’n agtergeblewene?

Ons is die stem teen ons vorige president. Hy kan soveel vroue hê as wat hy wil, solank ons nie moet betaal nie.

Te lank het ons meerderheid van die minderheid geswyg.

Meer oor:  My Stem  |  Afrikaanses
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.