Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Afrikaner-hegemonie verkrummel

Die ou Natte was nooit werklik tuis en gerieflik in die meer liberale DA nie.

Geharde Progge en Natte het mekaar aangegluur en kon nooit vat kry aan mekaar in die saamgeflansde ou Demokratiese Party en Nasionale Party nie. Dit was eintlik ’n gedwonge huwelik en nou dink ek is die egskeiding finaal.

Dit wil voorkom asof die DA tydens die verkiesing heelwat wit, Afrikaanssprekende kiesers verloor het wat vir die Vryheidsfront Plus gestem het.

Dis ’n goeie ding.

Die DA is hopelik nou ontslae van daardie konserwatiewe elemente wat nooit werklik van voorneme was om die kopskuif te maak weg van separatisme en “eie sake” nie.

Daar is waarskynlik nog ’n paar oudstryders, maar hul impak sal onbeduidend wees.

Ek dink die verkiesing weerspieël wat tans in Afrikaans­geledere gebeur.

Die dag van afrekening het aangebreek en die hegemonie van Afrikanerdom is aan die verkrummel.

Ons sien dit reeds in die polarisasie tussen AfriForum-gesindes na regs en meer gematigde Afrikaans-groeperinge. ’n Sprekende voorbeeld is die inklusiewe en moderne rigting wat die ATKV inslaan in teenstelling met die behoudende (sommige sou sê verkrampte) FAK.

Ook op ander kulturele gebied word die skeidslyne duidelik.

Ek dink die dae van kompromis is verby en wit Afrikaanssprekendes het hul keuse gemaak.

Meer oor:  Da  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.