Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Aftakeling van Cyril nie wys nie

Carl Thom skryf per e-pos:Ek verwys na die hoofartikel verlede week, “Cyril is ’n man sonder ’n plan”.

Ek verstaan die aftakeling van die beeld van pres. Cyril Ramaphosa – iets wat deesdae skynbaar ál meer momentum kry – nie mooi nie.

Ek vra myself af wat daarmee beoog of bereik word. Soos ek die situasie lees, is Ramaphosa steeds ons beste hoop op ’n beter toekoms – sy gebreke en al.

En ek vra die eenvoudige vraag: Wie is ’n beter alternatief? Is ons nie besig om die impak wat ’n verdeelde ANC op Ramaphosa se opsies het, te onderskat nie? Dis ’n situasie wat op die oomblik feitlik al sy aandag verg.

Die onsmaaklike waarheid is dat hoe meer Ramaphosa ondergrawe word, hoe sterker maak dit sy aartsvyande binne die party, mense soos Ace Magashule en David Mabuza. Is dit wat ons wil sien?

Ek vind dit vreemd dat Rapport, wat tans die enigste Afrikaanse koerant is wat landwyd versprei word, skynbaar nie die gevare sien wat opgesluit lê in die aftakeling van Ramaphosa nie.

Meer oor:  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.