Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ai, Bulle, dis niks lekker nie

Om die Bulle so in die na-nag te sien verloor, was nie lekker nie.

Dis trouens nooit lekker om die Bulle te sien verloor nie.

Dit voel ook nie reg om Beeld se voorblad met ’n koerantberig in swart geklee te lees nie.

So ook nie ’n hoofberig oor ’n korrupte Eskom (beurtkrag) reg langs ons helde s’n nie.

Dis ’n bekende gesegde hier in die Noorde dat die Curriebeker en nou die Superrugby-reeks nie vroeg in die seisoen gewen word nie.

Die enigste sin van waarde in die berig was Lood de Jager, kaptein van die Bulle, se woorde:

“Ons kan die gladde omstandighede nie die skuld gee nie.

“Albei kante is ewe veel deur die reën geraak. Die Jaguares het beter aangepas.”

Meer oor:  Hendrina  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.