Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ai, is dit nou regtig humor?

Nataniël het in sy rubriek in Die Sarie, sy stem dik gemaak oor ouers wat kinders se onskuld uitbuit op video-grepe. Waar het jy al ooit gesien jy sit ’n seuntjie met ’n kaal onderlyfie in ’n hoenderhok, laat die hoenders hom pik, neem daarvan ’n video en lag uit hul maag oor die geskokte uitroep van die kind. Meneer, mevrou… Humor? Nee, dit grens aan kindermishandeling. Hierdie kinders sak ook later uit in die skool, want wie weet wat nog alles met hom gebeur!!

In dieselfde asem… kykNET se “Funnies”. Wie gee goedkeuring daarvoor? ’n Tannie of Oom wat van ’n trampolien of boot afval… iemand wat “vreeslik skrik”, of ’n dogtertjie wat sê “bokker-ol” i.p.v. Boverol. Regtig? Ai, ek is so humorloos!

Meer oor:  Nataniël  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.