Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Al vloekend is spanning toe verlig

Ek ry nou die dag deur die dorp, maar als is nie lekker nie. Dis vrek warm en ek het ’n hoofpyn wat skrik vir niks.

Ek is nors en ongeduldig en daar is die rooi robot ook teen my. Net toe die kar staan, kom daar ’n jong man by my venster en beginne bedel. Deur my ongelukkigheid het ek hom toe as ’n verpesting geag en my maniere het my verlaat.

Ek sê toe vir die seun “volkov” en ek vergeet om die “L” in te sit. Ek is so siek dat ek nie langer na hom kyk nie, maar sy stem kom deur die ellende en hy antwoord my en sê “Volkov jy ook”. Hy het ook die “L” uitgelaat, maar die insident kom skielik vir my as belaglik voor en ek lag.

“Ja,” sê hy tereg, “en jy het eers vir my gevloek en toe vloek ek jou terug.”

“My vriend,” sê ek vir hom, “jy is heeltemal reg om my terug te gee wat ek uitgegee het. As ek weer hierlangs ry moet jy my kom opsoek hier tussen die motors.” Wat my beïndruk het, was dat hy sy reg van gelykheid self uitgeoefen het. Nadat hy my terug gevloek het, het hy al die spanning uit die omstandigheid verwyder en ons kon as gelykes met mekaar praat.

Meer oor:  Mystem  |  Lesersbrief  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.