Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Alles is nie witmense se skuld nie

Ek is nou al so moeg en siek en sat om te hoor dat alles wat verkeerd loop in SA die wit mense se skuld is, asook vir die openlike haat teen wittes deur sekere politici.

Ná 25 jaar van demokrasie kry wit mense nog steeds die skuld daarvoor dat mense al hoe armer word, ook dat mense nog ongeletterd is. Binnekort sal werkloosheid seker ook ons skuld wees.

Onlangs is ’n advertensie op RSG uitgesaai waarin mense van Gauteng gevra word om asseblief tog water te bespaar. Is daar dan geen politikus of wetenskaplike wat kan besef waar die eintlike probleem is nie, of is hulle net eenvoudig te ruggraatloos om dit reguit te hanteer?

Die grootste oorsaak van werkloosheid, armoede, te min water en elektrisiteit, te min skole en hospitale (en so kan die lys aangaan), is dat ons land oorbevolk is en dat ons bevolkingsaanwas handuit geruk het.

Dis makliker om die skuld vir alles op wit mense te plaas as om die werklike probleem te hanteer.

Gerieflikheidshalwe pak pres. Cyril Ramaphosa, Julius Malema en die res van die kripvreters die skuld op die wit bevolking deur te sê alle geld is in wit besit en dat die saak reggestel moet word. Soos Ramaphosa te kere gaan, sal ’n mens sweer hy is brandarm en voer ’n sukkelbestaan. Met sy regstelling bedoel hy seker om nou aftreefondse te plunder, soos wat sy party sedert 1994 al doen.

Waarom vra hy nie dat die oorgrote gedeelte van die mense in Suid-Afrika skouer aan die wiel sit om te begin werk en op te hou bedel, eise te stel en te verwoes as hulle nie hul sin kry nie? Ek neem aan dis ’n te moeilike taak vir ’n politikus, omdat plundering onder die ANC-bewind die maklikste uitweg is.

Ons land sal nie uit die moeras kan opstaan terwyl ’n regerende party met revolusionêre beginsels regeer nie.

Meer oor:  Skuld  |  Haat  |  Witmense  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.