Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Alles was nie skeef en toksies nie

Met verwysing na Dana Snyman se rubriek “Al wat seker is: Woede is ’n doodloopstraat” (05.12):

Dana se siening dat sekere Afrikaners (by implikasie veral ’n vorige generasie) ’n God geskep het wat “nukkerig bokant die wolke” ons veroordelend dophou, is darem baie eensydig.

Ek is deel van ’n vorige generasie wat godsdienstig konserwatief grootgeword het. Maar ons godsdiens was hoegenaamd nie donker en vreesbevange nie.

Sondae het ons “Juig al wat leef’’ uit volle bors gesing, asook die pragtige beryming van To­tius van Psalm 97, “Gods vriendelik aangesig straal vrolikheid en lig, vir alle opregte harte”, terwyl die ou Heidelbergse Kategismus op ’n wonderlike wyse die balans gebring het tussen sonde, verlossing en dankbaarheid.

Alles tesaam het dit ons daartoe gebring dat ons ’n liefdevolle en genadige God omhels het met ons belydenisaflegging.

Polities was ons natuurlik maar almal kinders van ons tyd, maar in my ouerhuis is ons re­spek geleer teenoor alle rasse.

Ek het eenkeer as kind die k-woord teenoor ’n swart man gebruik wat voor my fiets ingeloop het, en ’n deeglike skrobbering gekry toe hy by my pa gaan kla het.

By die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria waar ek gematrikuleer het, kan ek nie een keer onthou dat ander rasse as minderwaardig beskryf is nie.

Alles, Dana, was nie krom en skeef en toksies nie. Inderdaad moet ou sekerhede, soos ons identiteit, nuut ontdek word. Ons gaan egter moedig, sonder woede, die toekoms in en lewer nog ons bydrae waar ons kan.

Meer oor:  Dana Snyman  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.