Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Almal moet hierdie boodskap lees

Prof. Anton van Niekerk se rubriek (06.22) moet deur elke Suid-Afrikaner gelees word en dit moet vertaal word in al ons tale of aangepas word vir elke gemeenskap.

In 1985 het ’n groepie van Stellenbosch die toenmalige biskop Desmond Tutu ontmoet en die verrassing van hul lewe gekry, met die hele gesprek, maar veral met sy afskeidswoorde: “. . . Gaan sê aan jul mense veral één ding, naamlik dat hulle wáárde het in God se oë . . .”

Hierdie boodskap moes al lankal wyd verkondig gewees het.

Dankie, prof. Van Niekerk, Die Burger. Maar bo alles, dankie emeritus-aartsbiskop Tutu vir 1985 en al die jare tot nou toe. Mag die Here jou seën en jou boodskap uitsaai in ons land.

Meer oor:  Anton Van Niekerk  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.