Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
ANC baat by storie oor gronddiefstal

Herhaal ’n leuen genoeg, en mense begin dit as die waarheid aanvaar.

Veral dié wat dit wíl glo.

Dit is die geval met die beskuldigings van gronddiefstal deur wittes.

Dit is so dat die Nasionale Party eiendom onregmatig onteien het, maar baie daarvan is intussen teruggegee of die eienaars is vergoed.

Baie plase wat aan mense van kleur behoort het, is deur wittes gekoop.

In die Noord-Kaap veral is honderde plase gekoop en nie gesteel nie.

’n Deel van die Kakamas-besproeiingskema wat deur die NG Kerk aangelê is, is van bruin boere gekoop.

Die ANC vind baie baat by die diefstalstorie.

Hulle werf steun daarmee, maar dit skep kwade gevoelens en wrywing tussen wittes en swartes.

Dit veroorsaak ook dat diefstal en moord geregverdig word met die redenasie dat dit wittes se verdiende loon is.

Dit is waarom die ANC-leierskap hulle nie sterk uitspreek oor plaasaanvalle nie.

Meer oor:  Gronddiefstal  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.